Druskininkai

Druskininkai

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Etnografiese gewes Dzūkija
 Munisipaliteit Druskininkų savivaldybė
 Koördinate (sien skakels) 51° 1' N, 23° 58' O
 Stigting (eerste verwysing) 1635
 Stadstatus 1837
 Oppervlakte:  
 - Totaal (stad) 24 vk km
 - Totaal (munisipaliteit) 453,9 vk km
 Hoogte bo seevlak 110 m
 Bevolking:  
 - Totaal (stad 2010) 16 107
 - Totaal (munisipaliteit 2010) 24 861
 - Bevolkingsdigtheid (stad) 671/vk km
 - Bevolkingsdigtheid (munisipaliteit) 55/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Direkteur van administrasie Vilma Jurgelevičienė
 Poskode 66119
 Skakel (+370) 313
 Amptelike Webwerf www.druskininkai.lt/

Druskininkai [ˈd̪rʊs̪ʲkʲɪn̪ʲɪŋkɐɪ] is die grootste en bekendste mineraalbad- en ontspanningsoord van Litaue en die administratiewe sentrum van die gelyknamige munisipaliteit, Druskininkų savivaldybė. Die stad, wat aan die Nemunasrivier in die suide van die land naby die grens met Pole en Wit-Rusland geleë is, het sy vars en gesonde lug aan sy ligging temidde van 'n uitgestrekte bosgebied te danke, maar dit was hoofsaaklik sy natrium-kalsium-chloried-mineraalwaterbronne wat van Druskininkai reeds in die 19de eeu 'n gewilde badoord gemaak het. Die mineraalwater word sowel vir natuurlike gesondheidsbehandelings asook as drinkwater gebruik. 'n Plaaslike onderneming, UAB Druskininkų Rasa, vervaardig gebottelde mineraalwater.

Skakels

[wysig | wysig bron]
  • Koördinate: 54°1′N 23°58′O / 54.017°N 23.967°O / 54.017; 23.967