Die Duitse Toekomsprys (Der Deutsche Zukunftspreis) is 'n prys vir prestasies in die afdelings van kuns, handelswetenskappe, tegniek, ingenieurs- of natuurwetenskappe. Aanwendings- en markvaardigheid, asook die skepping van werkplekke, word as innovering in berekening gebring.
Die prys word deur die bondspresident oorhandig en dra 'n prysgeld van 250 000 Euro. Dit word jaarliks toegeken. Die prys is deur die voormalige bondspresident Roman Herzog in die lewe geroep en die eerste keer in 1997 oorhandig.