Dustin Hoffman | |
![]() | |
Hoffman in 2013 by die Franse première van Quartet.
| |
Geboortenaam | Dustin Lee Hoffman |
---|---|
Geboorte | 8 Augustus 1937 Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1960-tans |
Dustin Lee Hoffman[1] (gebore op 8 Augustus 1937) is ’n Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger van Joodse afkoms, wat se loopbaan in rolprente, televisie en die teater in 1960 begin het. Hy is bekend vir sy uiteenlopende vertolkings van antihelde en kwesbare karakters.[2] Hy het die Oscar vir beste akteur in 1979 gewen vir Kramer vs. Kramer en in 1988 vir Rain Man.
Hy is die eerste keer vir sy spel geloof in die toneelstuk Eh?, waarvoor hy twee teaterpryse gewen het. Dit is gevolg deur sy rolprentdeurbraak in 1967 as die titelkarakter Benjamin Braddock in The Graduate.
Sedertdien het Hoffman hoofsaaklik op rolprente gekonsentreer, met sporadiese verskynings op televisie en die verhoog. Sy volgende noemenswaardige prente sluit in Midnight Cowboy, wat wyd geloof is en Hoffman ’n Oscar-benoeming besorg het, Little Big Man, Straw Dogs, Papillon, Lenny, Marathon Man, All the President's Men, wat op die Watergate-skandaal geskoei is en met Hoffman en Robert Redford as die jornaliste Carl Bernstein en Bob Woodward, Kramer vs. Kramer, Tootsie, Rain Man, Hook en Wag the Dog.
Benewens die twee Oscars wat Hoffman gewen het, is hy nog sewe keer vir dié prys benoem, asook vir 13 Golden Globes, waarvan hy ses gewen het (onder meer ’n ereprys). Hy het ook vier Baftas, ’n Emmy en verskeie ander pryse gewen.
In 1999 het hy die AFI-lewensprys ontvang en in 2012 die Kennedysentrum-eerbewys. Hy het sy regisseursdebuut in 2012 gemaak met Quartet.