eBird is ’n aanlyn databasis van voëlwaarnemings wat data oor die verspreiding en getalle van voëls aan wetenskaplikes, navorsers en amateurnaturaliste verskaf. Dit was aanvanklik beperk tot waarnemings in die Westelike Halfrond, maar is in 2008 uitgebrei om Nieu-Seeland in te sluit[1] en dek sedert Junie 2010 die hele wêreld.[2]
eBird is al beskryf as ’n ambisieuse voorbeeld van die gebruikmaking van amateurs om inligting oor biodiversiteit in te samel vir gebruik in die wetenskap.[3]