Edmontosaurus | |
---|---|
![]() | |
Die skelet van ’n E. regalis (Oxford-universiteitsmuseum van Natuurgeskiedenis). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Edmontosaurus (Lambe, 1917)
|
Tipespesie | |
†Edmontosaurus regalis | |
Spesies | |
|
Edmontosaurus | ||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||||||
|
Edmontosaurus, of die edmontosourusse, was ’n genus eendbek-dinosourusse. Daar is twee bekende spesies: E. regalis en E. annectens. Fossiele van eersgenoemde is in westelike Noord-Amerika ontdek wat dateer uit die laat Campanium-tydsnede van die Kryt-periode, 73 miljoen jaar gelede, terwyl fossiele van laasgenoemde in dieselfde streek ontdek is, maar in rotse wat dateer uit die einde van die Maastricht-tydsnede van die Kryt, 66 miljoen jaar gelede. E. annectens was een van die laaste nie-vlieënde dinosourusse en het saam met ander soos Triceratops horridus en Tyrannosaurus rex voorgekom kort voor die Kryt-Paleogeen-uitwissing.
Edmontosaurus het van die grootste eendbek-spesies ingesluit, en kon tot 12 m lank en 4 ton swaar word. Verskeie goed bewaarde voorbeelde is gevind wat nie net bene bevat nie, maar ook goeie velafdrukke en moontlike maaginhoud.
Edmontosaurus is in besonderhede beskryf na aanleiding van verskeie fossiele.[1][2][3][4] Hulle was nes ander eenbek-dinosourusse stewige diere met ’n lang, vertikaal plat stert en ’n eendagtige bek. Daar was geen benerige kraag op die skedel nie, maar wel ’n kamagtige kroon van vel en skubbe. Die voorpote was nie so sterk soos die agterpote nie, maar was lank genoeg sodat dit gebruik kon word terwyl die diere gestaan of beweeg het.
Die edmontosourusse het oor die hele westelike Noord-Amerika voorgekom. Dit lyk of hulle kusgebiede verkies het. Hulle was plantvreters wat op twee of vier pote kon beweeg. Getuienis van verskeie terreine dui daarop dat hulle in groepe gebly en rondgetrek het.
Die boonste kladogram hier onder is volgens Horner et al. (2004),[5] en die onderste kladogram volgens Gates en Sampson (2007).[6]
Hadrosaurinae |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hadrosaurinae |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||