'n Eenhoring is 'n privaat beginonderneming met 'n markwaarde van meer as VS$ 1 miljard.[1] Die term is in 2013 geskep deur die waagkapitalis Aileen Lee, wat die mitiese dier gekies het om die statistiese skaarsheid van sulke suksesvolle ondernemings aan te dui,[2][3][4][5]tienhoring is 'n woord wat gebruik word vir maatskappye waarvan die waarde meer as VS$ 10 miljard beloop,[6] terwyl honderdhoring gebruik word vir so 'n maatskappy ter waarde van meer as VS$ 100 miljard.
Volgens CB Insights was daar in Junie 2022 meer as 1 170 eenhoringondernemings.[7] Die grootstes sluit in ByteDance, Stripe en SpaceX.
Toe Aileen Lee in 2013 oorspronklik die term "eenhoring" bedink het, was daar slegs 39 maatskappye wat as eenhorings beskou word.[8] In 'n ander studie wat deur die Harvard Business Review gedoen is, is vasgestel dat beginondernemings wat tussen 2012 en 2015 gestig is, twee keer so vinnig in waardasie gegroei het as maatskappye wat tussen 2000 en 2013 gestig is.[9]
In 2018 het 16 Amerikaanse ondernemings eenhorings geword, wat gelei het tot 119 privaat ondernemings wêreldwyd wat op 1 miljard dollar of meer gewaardeer is.[10]
Volgens akademici in 2007 volg beleggers en waagkapitaalondernemings die strategie "word vinnig groot" (get big fast - GBF) vir beginmaatskappye. Dit is ook bekend as Blitzscaling. GBF is 'n strategie waar beginnermaatskappye poog om te groei teen 'n hoë koers deur middel van groot befondsingsrondes en prysverlaging om 'n voordeel ten opsigte van markaandeel te verkry en mededingers so vinnig moontlik uit die weg te ruim.[11] Die vinnige eksponensiële opbrengste deur hierdie strategie blyk vir alle betrokkenes aantreklik te wees. Daar is egter altyd 'n waarskuwing van die dot-com-borrel van 2000 en die gebrek aan langtermynvolhoubaarheid in waardeskepping van die maatskappye wat vanaf die internet-era geskep is.
Baie eenhorings is geskep weens die aankoopgeleentheid wat gebied word deur groot openbare ondernemings. In 'n lae-rentekoers-trae-groei-omgewing fokus baie maatskappye soos Apple Inc., Facebook en Google op verkrygings in plaas daarvan om op kapitaalbesteding en die ontwikkeling van interne beleggingsprojekte te konsentreer.[12] Sommige groot ondernemings wil dus eerder hul ondernemings versterk deur gevestigde tegnologie en sakemodelle uit te koop eerder as om dit self te skep.
Die gemiddelde ouderdom van 'n tegnologiemaatskappy voordat dit 'n openbare maatskapy word, is nou 11 jaar, in teenstelling met 'n gemiddelde leeftyd van vier jaar in 1999.[13] Hierdie nuwe dinamiek spruit uit die vergrote hoeveelheid privaat kapitaal wat aan eenhorings beskikbaar is en die aanvaarding van die US Jumpstart our Business Startups (JOBS) Act in 2012, wat die hoeveelheid aandeelhouers wat 'n maatskappy kan hê, met 'n veelvoud van vier verhoog het voordat die maatskappy sy finansiële state openbaar moet maak. Die hoeveelheid privaat kapitaal wat in sagtewaremaatskappye belê is, het van 2013 tot 2015 drievoudig toegeneem.[14]
Weens verskeie finansieringsrondes hoef ondernemings nie 'n aanvanklike openbare aanbiedingsopsie (Engels: IPO) te doen om kapitaal of 'n hoër waardasie te verkry nie; hulle kan net hul beleggers nader vir meer kapitaal. 'n Aanvanklike openbare aanbod loop ook die risiko om 'n maatskappy te devalueer as die openbare mark van mening is dat 'n maatskappy minder werd is as wat sy beleggers glo.[14] 'n Paar voorbeelde van hierdie situasie was Square, veral bekend vir sy mobiele betalings- en finansiëledienstebedryf, en Trivago, 'n gewilde Duitse hotel-soekenjin, wat albei deur die mark onder hul aanvanklike aanbodpryse geprys is.[15][16] Dit was as gevolg van die ernstige oorwaardering van albei ondernemings in die openbare mark deur beleggers en waagkapitaalondernemings. Die mark het nie met die waardasie van albei maatskappye saamgestem nie, en die prys van hul aandele het ná hul aanvanklike loodsing gedaal. Beleggers en beginondernemings wil ook nie al die nodige veranderings in werking stel wat met 'n aandelebeursregistrasie gepaard gaan nie weens die vergrote regulasievereistes. Wetgewing soos die Sarbanes-Oxley Act het strenger regulasies toegepas na aanleiding van verskeie bankrotskapsgevalle in die Amerikaanse mark wat baie van hierdie ondernemings wil vermy.[12]
Beginondernemings benut die oorvloed van nuwe tegnologie van die afgelope dekade om eenhoringstatus te verkry. Met die ontploffing van sosiale media en toegang tot miljoene mense wat hierdie tegnologie gebruik, word massiewe ekonomie van skaalvoordele bekom. Dus kan nuwe ondernemers vinniger as ooit uitbrei.[12] Nuwe innovasies in tegnologie, waaronder mobiele slimfone, eweknienetwerk-platforms en wolkverwerking met die kombinasie van sosialemediatoepassings, het die groei van eenhorings gehelp.
Die waardasies wat daartoe lei dat hierdie beginondernemings eenhorings en tienhorings word, is uniek in vergelyking met meer gevestigde ondernemings. 'n Waardasie vir 'n gevestigde onderneming spruit uit die vertoning van die vorige jare, terwyl 'n beginonderneming se waardasie afgelei word van die groeigeleenthede en die verwagte ontwikkeling op die lang termyn vir sy potensiële mark.[17] Waardasies vir eenhorings kom meestal uit finansieringsrondes van groot waagkapitaalondernemings wat in hierdie onderneming belê. 'n Verdere belangrike waardasie van nuwe ondernemings is wanneer 'n veel groter maatskappy 'n beginonderneming koop en sodoende die waardasie aan hulle gee. Onlangse voorbeelde is toe Unilever Dollar Shave Club[18]gekoop het, en toe Facebook Instagram vir VS$ 1 miljard gekoop het, wat Dollar Shave Club en Instagram effektief finansiële eenhorings gemaak het.[19]
Bill Gurley, 'n vennoot by die waagkapitaalfirma Benchmark, het in Maart 2015 en vroeër voorspel dat die vinnige toename in die getal eenhornings "moontlik is in 'n wêreld wat spekulatief en onvolhoubaar is", en sal nalaat wat hy "dooie eenhorings” noem. Hy het ook gesê die belangrikste rede vir die waardasie van eenhorings is die "buitensporige hoeveelheid geld" wat daarvoor beskikbaar is.[20][21] In 2015 het William Danoff, wat die Fidelity Contrafund bestuur, ook gesê eenhorings gaan moontlik 'n bietjie glans verloor "as gevolg van die groter voorkoms daarvan" en dat 'n paar se aandeelprys gedevalueer is. Navorsing deur 'n professor aan Stanford-universiteit wat in 2018 gepubliseer is, dui daarop dat eenhorings met gemiddeld 48% oorwaardeer word.[22][23]
Vir hoëgroei-ondernemings wat op soek is na die hoogste moontlike waardasie, kom dit neer op potensiaal en geleentheid. Wanneer beleggers van hoëgroei-ondernemings besluit of hulle in 'n maatskappy moet belê of nie, soek hulle tekens van 'n groot divident om eksponensiële opbrengste op hul belegging te maak, tesame met die regte leierspersoonlikhede wat by die onderneming pas.[24] Om sulke hoë waardasies in finansieringsrondes te gee, moet waagkapitaalondernemings glo in die visie van sowel die entrepreneur as die onderneming as geheel. Hulle moet glo dat die maatskappy kan ontwikkel uit die onstabiele, onsekere huidige posisie in 'n maatskappy wat in die toekoms matige groei kan genereer en volhou.[17]
Om die potensiële toekomstige groei van 'n onderneming te beoordeel, moet daar 'n diepgaande ontleding van die teikenmark gedoen word.[17] As 'n maatskappy of belegger die markgrootte bepaal, is daar 'n paar stappe wat hulle moet oorweeg om uit te vind hoe groot die mark regtig is:[25]
Nadat die mark redelik geskat is, kan 'n finansiële voorspelling gemaak word op grond van die grootte van die mark en hoeveel 'n maatskappy van mening is dat dit in 'n sekere periode kan groei.
Om die waardasie van 'n maatskappy ná die voltooiing van die inkomstevooruitskatting behoorlik te beoordeel, moet 'n voorspelling van die bedryfsmarge, die ontleding van die nodige kapitaalbeleggings en die opbrengs op die beleggingskapitaal voltooi word om die groei en potensiële opbrengs vir beleggers van 'n maatskappy te beoordeel.[17] Die aannames van waar 'n onderneming kan groei, moet realisties wees, veral as hulle waagkapitaalondernemings probeer kry om die waardasie te gee wat 'n maatskappy wil hê. Waagkapitaliste weet dat die uitbetaling van hul belegging vir nog vyf tot tien jaar nie sal realiseer nie, en hulle wil van die begin af seker maak dat finansiële voorspellings realisties is.[17]
Met die finansiële vooruitskattings wat opgestel is, moet beleggers weet vir wat die maatskappy in die huidige tyd gewaardeer moet word. Dit is hier waar meer gevestigde waardasiemetodes meer relevant word.
Dit sluit die drie algemeenste waardasiemetodes in:[27]
Beleggers kan 'n finale waardasie op grond van hierdie metodes kry, en die hoeveelheid kapitaal wat hulle bied vir 'n persentasie van die aandeel in 'n maatskappy, word die finale waardasie vir 'n beginonderneming. Die mededingers se finansies en transaksies uit die verlede speel ook 'n belangrike rol om 'n basis te skep vir die waardasie van 'n beginonderneming en die vind van die korrekte waardasie van hierdie ondernemings.
Die deelekonomie, ook bekend as "samewerkende verbruik" of "ekonomie op aanvraag", is gebaseer op die konsep van die deel van persoonlike hulpbronne. Hierdie neiging om hulpbronne te deel, het daartoe gelei dat drie van die topvyf- grootste eenhorings (Uber, DiDi en Airbnb) die waardevolste beginondernemings in die wêreld geword het. Die ekonomiese neigings van die 2010's het daartoe gelei dat verbruikers konserwatiewer was met uitgawes, en die deelekonomie het dit weerspieël.[28]
E-handel en die innovasie van die aanlyn mark het die behoeftes aan fisieke liggings van handelsmerke stadig maar seker oorgeneem. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die agteruitgang van winkelsentrums in die Verenigde State. Die verkope van winkelsentrums in die Verenigde State het afgeneem van VS$87,46 miljard in 2005 tot VS$60,65 miljard in 2015.[29] Die opkoms van e-handelsondernemings soos Amazon en Alibaba (albei eenhorings voordat hulle openbaar geword het) het die behoefte aan fisieke liggings om verbruikersgoedere te koop verminder. Baie groot korporasies het hierdie neiging 'n tyd reeds waargeneem en probeer om aan te pas by die e-handelsneiging. Walmart het Jet.com, 'n Amerikaanse e-handelsonderneming, vir VS$3,3 miljard gekoop om aan te pas by verbruikersvoorkeure.[30]
Ter ondersteuning van die delingsekonomie het eenhornings en suksesvolle beginondernemings 'n sakemodel opgebou wat gedefinieer is as "netwerk-orkestreerders".[31] In hierdie sakemodel bestaan daar 'n netwerk van eweknieë wat waarde skep deur interaksie en deling. Netwerk-orkestreerders mag produkte/dienste verkoop, saamwerk, resensies deel en verhoudings deur hul ondernemings opbou. Voorbeelde van netwerkorkestreerders is Uber, Airbnb, TripAdvisor, Yelp, Amazon en Alibaba.
39 companies belong to what we call the 'Unicorn Club' (by our definition, U.S.-based software companies started since 2003 and valued at over $1 billion by public or private market investors)... about .07 percent of venture-backed consumer and enterprise software startups
Subtitle: The billion-dollar tech startup was supposed to be the stuff of myth. Now they seem to be... everywhere.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |lastauthoramp=
geïgnoreer (hulp)
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |lastauthoramp=
geïgnoreer (hulp)
Subtitle: Subtitle: Venture capitalist says companies hurt themselves by trying to delay going public
Ons ontwikkel 'n waardasiemodel vir waagkapitaalondersteunde ondernemings en pas dit toe op 135 Amerikaanse eenhoring - private ondernemings met 'n gerapporteerde waardasie van meer as VS$ 1 miljard toe. Ons waardeer eenhorings met behulp van finansiële state uit wettige registrasies en vind dat eenhorings na-raming gemiddeld 48% bo billike waarde is, met 13 meer as 100%.
Die gemiddelde eenhoring se waarde is die helfte van die koeranthooftrekprys wat na elke nuwe waardasie voorgehou word.