Elgon | |
---|---|
Elgon (links) en die Groot Skeurvallei (regs)
| |
Ligging | Kenia |
Hoogte | 4321 meter bo seevlak |
Koördinate | 0°9′3″S 37°18′27″O / 0.15083°S 37.30750°O |
Bergtipe | Skildvulkaan |
Rotsouderdom | 24 miljoen jaar |
Elgon is 'n uitgewerkte skildvulkaan op die grens tussen Kenia en Uganda,[1] noord van Kisumu en wes van Kitale. Die berg se hoogste punt, bekend as "Wagagai", is geheel en al binne in Uganda geleë.[2][3] Daar is geen bewyse van die vulkaan se eerste aktiwiteite nie, tog skat geoloë dat die vulkaan ten minste 24 miljoen jaar oud is, wat dit die oudste uitgewerkte vulkaan in Oos-Afrika maak.[4] Die berg se naam is ontleen van die Masainaam Elgonyi.[5]
Elgon is 'n groot alleenstaande vulkaniese berg op die grens van oostelike Uganda en westelike Kenia. Die berg is massief, met 'n diameter van 80 km en styg 3070 m bokant die omliggende vlakte uit. Die koeler hoogte van die berg verskaf verligting aan die mense van die warm omringgende vlaktes en die hoër hoogtes verskaf ook uitkoms vir flora en fauna.
Die berg het vyf groot pieke:
Ander kenmerke van die berg is:
Die berg se grond is rooi lateriet. Die berg is ook die oorsprong en opvanggebied van verskeie riviers onder andere die Suamrivier wat later die Turkwelrivier word en uitmond in die Turkanameer. Ook die Nzoia- en Lwakhakhariviere se oorspronge is hier op die berg en beide mond uit in die Victoriameer. Die dorp Kitale is aan die voetheuwels van die berg geleë. Die gebied om die berg word beskerm deur die Mount Elgon-nasionale park, een aan weerskante van die internasionale grens.
'n Trop Afrika bosolifante was altyd teenwoordig rondom die berg wat diep in die grotte ingeloop het om sout te lek. Die trop kom nou egter net aan Kenia se kant van die berg voor waar hulle in die Kitumgrot in loop.[11]
Daar is ook ander soogdier spesies wat hoofsaaklik op die berg voorkom insluitend die Elgonskeerbek (Crocidura elgonius), Rudd se tandmol (Tachyoryctes ruddi) en Thomas se dwergmuis (Mus sorella). Daar is ook voël spesies wat op die berg voorkom, insluitend Macronyx sharpei, Cisticola hunteri, Pternistis jacksoni en Scleroptila elgonensis.[12]
'n Subspesie van die bosbok (Tragelaphus scriptus heterochrous) is endemies aan die berg. 'n Monster van die nou uitgestorwe Du Toit's-stroom padda (Arthroleptides dutoiti) is versamel aan die Keniaanse kant van die berg.[13]
Seldsame plante kom op die berg voor, insluitend: Ardisiandra wettsteinii, Carduus afromontanus, Echinops hoehnelii, Ranunculus keniensis en Romulea congoensis.[14]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |