Elinor Claire "Lin" Ostrom (née Awan; 7 Augustus 1933 – 12 Junie 2012) was 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike en politieke ekonoom[1][2][3] wie se werk geassosieer is met die Nuwe Institusionele Ekonomie en die herlewing van politieke ekonomie.[4] In 2009 is die Nobel-gedenkprys vir die ekonomiese wetenskappe aan haar toegeken vir haar “analise van ekonomiese bestuur, veral die gemeenskaplike eiendom”, wat sy met Oliver E. Williamson gedeel het. Sy was die eerste vrou wat die prys gewen het.[5]
Nadat sy 'n B.A. en Ph.D. in politieke wetenskap aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles behaal het, het Ostrom in Bloomington, Indiana, gewoon. Sy het op die fakulteit van die Indiana-universiteit gedien, met 'n laat-loopbaan affiliasie met Arizona State University. Sy was 'n Vooraanstaande Professor aan die Indiana-universiteit en die Arthur F. Bentley Professor in Politieke Wetenskap en mede-direkteur van die Werkswinkel in Politieke Teorie en Beleidsanalise aan die Indiana-univerditeit, sowel as navorsingsprofessor en die stigtersdirekteur van die Sentrum vir die Studie van Institusionele Diversiteit aan die Arizona State University in Tempe.[6] Sy was 'n hoofnavorser vir die Samewerkingsprogram vir Volhoubare Landbou en Natuurlike Hulpbronbestuur (SANREM CRSP), bestuur deur Virginia Tech en befonds deur USAID.[7] Vanaf 2008 het sy en haar man Vincent Ostrom die tydskrif Transnational Corporations Review geadviseer.[8]
Vanaf die 1960's was Ostrom betrokke by hulpbronbestuursbeleid en het 'n navorsingsentrum geskep wat wetenskaplikes van verskillende dissiplines van regoor die wêreld gelok het. Werk en onderrig by haar sentrum is geskep op die beginsel van 'n werkswinkel, eerder as 'n universiteit met lesings en 'n streng hiërargie.
Ostrom het die interaksie van mense en ekosisteme vir baie jare bestudeer en gewys dat die gebruik van uitputbare hulpbronne deur groepe mense (gemeenskappe, koöperasies, trusts, vakbonde) rasioneel kan wees en uitputting van die hulpbron kan voorkom sonder of staatsinmenging of markte met private eiendom.[9]