Emanuel Swedenborg | |
---|---|
Portret van Swedenborg deur Carl Frederik von Breda | |
Gebore | Emanuel Swedberg 29 Januarie 1688 |
Sterf | 29 Maart 1772 (op 84) Londen, Engeland |
Alma mater | Universiteit van Uppsala |
Beroep | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Emanuel Swedenborg (Sweedse uitspraak: ˈswiːdənˌbɔrg;[1] ; gebore as Emanuel Swedberg; 29 Januarie 1688[2] 8 Februarie 1688 – 29 Maart 1772) was 'n Sweeds-Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistikus.[3] Hy is bekend vir sy boek oor die hiernamaals, getiteld Hemel en Hel (1758).[4][5]
Swedenborg het 'n besonders produktiewe loopbaan gehad as uitvinder en wetenskaplike. In 1741 het hy op die ouderdom van 53 'n spirituele fase ondergaan waarin hy drome en visioene begin kry het, beginnende op Paasnaweek van 6 April 1744.
Dit het gekulmineer in 'n 'spirituele ontwaking' waarin hy 'n openbaring ontvang het dat hy aangestel was deur die Here Jesus Christus om Die Hemelse Leerstelling te skryf ten einde die Christendom te hervorm.[6] Ingevolge die Die Hemelse Leerstelling het die Here Swedenborg se spirituele oë oopgemaak sodat hy van toe af vryelik die Hemel en Hel sou kon besoek ten einde in gesprekvoering te tree met engele, demone en ander geeste, en daarvolgens het die Laaste oordeel alreeds plaasgevind in 1757.[7]
Vir die laaste 28 jaar van sy lewe het Swedenborg 18 gepubliseerde teologiese werke geskryf, en verskeie meer wat ongepubliseerd was. Hy het homself 'n "Dienaar van die Here Jesus Christus" in sy werk, Ware Christelike Geloof genoem,[8] welke werk hy self gepubliseer het.[9]
Sommige volgelinge van Die Hemelse Leerstelling het geglo dat van al Swedenborg se teologiese werke, slegs die wat deur Swedenborg self gepubliseer is, 'goddelik geïnspireerd' is.[10] Andere beskou Swedenborg se werke as ewe geïnspireerd, en is byvoorbeeld van mening dat die feit dat sommige van sy werke "nie uitgeskryf was in 'n finale geredigeerde vorm vir publikasie nie, nie 'n enkele verklaring daarin minder geloofwaardig maak as die verklarings in enige van die ander werke nie".[11]
Die "The New Church",- 'n nuwe godsdienstige beweging wat bestaan uit verskeie histories-verwante Christelike denominasies vereer Swedenborg se skrywes as openbaring.[12][13]
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp) and the Encyclopedia of Religion (1987), which starts its article with the description that he was a "Swedish scientist and mystic". Others have not used the term such as Williams-Hogan, Jane (2005) in Encyclopedia of Religion Retrieved 15 July 2013.