Engelbert Humperdinck (komponis)

Engelbert Humperdinck
Engelbert Humperdinck in 1854
Agtergrondinligting
Gebore(1854-09-01)1 September 1854
Siegburg, Duitse Bond
Sterf27 September 1921 (op 67)
Neustrelitz, Weimar Republiek
GenresOpera
Beroep(e)Komponis
InstrumenteKlavier

Engelbert Humperdinck (Duits: [ˈɛŋl̩bɛʁt ˈhʊmpɐdɪŋk]; 1 September 1854 – 27 September 1921), 'n Duitse komponis, is in Sieberg gebore en is veral vanweë sy opera Hänsel und Gretel ("Hansie en Grietjie") beroemd. Hy het in Keulen en München gestudeer en vroeg reeds met Wagner kennis gemaak.

Humperdinck se vroeë kom posisies is meestal vergete, maar sy onsterflikheid is verseker deur sy Hänsel und Gretel, wat in 1893 in Weimar met die jong Richard Strauss as dirigent opgevoer is. Die opera is gegrond op die beroemde sprokie van die broers Grimm, en Humperdinck toon 'n besondere begrip vir die wêreld van die kind.

Hoewel Wagner se invloed opvallend is, is Humperdinck se musiek baie oorspronklik, veral ten opsigte van vindingryke orkestrasie en betowerende atmosfeerskepping.

Onder sy ander operas, waarvan verskeie gekomponeer is, is Die Königskinder (1910) ook noemenswaardig.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Engelbert Humperdinck (komponis).
  • (en) "Engelbert Humperdinck". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 September 2019.
  • (en) Engelbert Humperdinck (komponis) by Find a Grave