Die Engine Alliance GP7000 is 'n turbowaaierstralerenjin wat deur Engine Alliance vervaardig word. Dit is een van die kragbronopsies wat beskikbaar is vir die Airbus A380, teenoor die Rolls-Royce Trent 900.
Die enjin was oorspronklik bedoel om Boeing Commercial Airplanes se gekanselleerde 747-500X/-600X aan te dryf, maar sedertdien is dit aangewend op die Airbus A380-800 superjumbo. Dit is gebou op 'n 0.72 skaal van die GE90-110B/115B kern [1] en bevat 'n Pratt & Whitney waaier en 'n laedrukstelselontwerp.
Die kompetisie se Rolls-Royce Trent 900 is aangewys as die hoofenjin vir die A3XX in 1996 en is aanvanklik deur byna al die A380-kliënte gekies. Maar die GE/PW-enjin het in 2007 sy deel van die A380-enjinmark tot 47% van die superjumbovloot opgestoot. Hierdie verskil in verkope is in 'n enkele transaksie vermag, toe Emirates Airline in die orde van 55 GP7000-aangedrewe A380-800's bestel het, meer as een kwart van die A380 verkope (soos teen September 2007). Emirates was tradisioneel 'n Rolls-Royce kliënt. A380 vliegtuie wat aangedryf word deur die GP7000s sal A380-86X modelnommers dra, omrede 6 die kode is vir die Engine Alliance-enjins.