Enkeldoringnoemnoem

Enkeldoringnoemnoem
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Apocynaceae
Genus: Carissa
Spesie:
C. spinarum
Binomiale naam
Carissa spinarum
L., (1771)
Sinonieme
Sien teks.

Die Enkeldoringnoemnoem (Carissa spinarum L.[1]) is 'n groot struik of klein boom.

Die boom se FSA-nommer is 640.4[2]

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Dit kom voor in Mpumalanga en Limpopo,[3] maar ook wydverspreid in Suid-Asië en Australië voorkom. Oorspronklik kom dit van Indië, Birma en die droë dele van Sri Lanka. In Afrika is die plant inheems in Angola, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kenia, Kaap Verde, Kameroen, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Réunion, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Seychelle, Soedan, Sokotra, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Dit groei van die kus tot 'n hoogte van 600 m, maar kan in die Himalaja tot op 1800 m aangetref word.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die struik of boom word 5 m hoog en die takke dra skerp dorings wat 5 cm lank kan wees. Die blare is 3 – 7 cm lank en 1,5 tot 4 cm breed. Hulle is leeragtig en die bokant is donkergroen. Die onderkant is dof. Die blomme is wit en stervormig. Die vrugte lyk op 'n olyf, eers rooi en later swart. Hulle is eetbaar en kan so geëet word of indien hulle te suur is word jellie daarvan gemaak. Die pulp bevat 2-4 klein bruin saadjies.[4]

Sinonieme

[wysig | wysig bron]

Carissa spinarum is keer op keer deur plantkundiges onder 'n aantal name beskryf en word dikwels bespreek onder sy baie verouderde sinonieme:

  • Carissa abyssinica R.Br.
  • Carissa africana A.DC.
  • Carissa axillaris Roxb.
  • Carissa brownii F.Muell.
  • Carissa campenonii (Drake) Palacky
  • Carissa candolleana Jaub. & Spach
  • Carissa carandas var. congesta (Wight) Bedd.
  • Carissa carandas var. paucinervia (A.DC.) Bedd.
  • Carissa cochinchinensis Pierre ex Pit.
  • Carissa comorensis (Pichon) Markgr.
  • Carissa congesta Wight
  • Carissa coriacea Wall.
  • Carissa cornifolia Jaub. & Spach
  • Carissa dalzellii Bedd.
  • Carissa densiflora Baker
  • Carissa diffusa Roxb.
  • Carissa dulcis Schumach. & Thonn.
  • Carissa edulis (Forssk.) Vahl
  • C. edulis var. septentrionalis is waarskynlik 'n geldige spesie, Carissa septentrionalis
  • Carissa hirsuta Roth
  • Carissa horrida Pichon
  • Carissa inermis Vahl
  • Carissa lanceolata R.Br.
  • Carissa laxiflora Benth.
  • Carissa macrophylla Wall.
  • Carissa madagascariensis Thouars ex Poir.
  • Carissa obovata Markgr.
  • Carissa oleoides Markgr.
  • Carissa ovata R.Br.
  • Carissa paucinervia A.DC.
  • Carissa pilosa Schinz
  • Carissa pubescens A.DC.
  • Carissa revoluta Scott-Elliot
  • Carissa richardiana Jaub. & Spach
  • Carissa scabra R.Br.
  • Carissa sechellensis Baker
  • Carissa suavissima Bedd. ex Hook.f.
  • Carissa tomentosa A.Rich.
  • Carissa villosa Roxb.
  • Carissa xylopicron Thouars
  • Carissa yunnanensis Tsiang & P.T.Li

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dit is die aanvaarde naam, daar is talle sinonieme Plant list.
  2. "iSpot: South African Tree Common Names". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2017. Besoek op 16 Junie 2017.
  3. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.
  4. Carissa spinarum T.K. Lim Edible Medicinal and Non-Medicinal Plants, bls. 240-246, 29 September 2011