Enlil, Ellil | ||
Wigskrif: 𒀭𒂗𒆤 | ||
Soort god | Mesopotamies | |
God van | die wind, asem, hoogte en afstand | |
Tuiste | Ekoer | |
Ouers | Ansjar en Kisjar | |
Metgesel | Ninlil | |
Kinders | Nanna/Sin |
Enlil (wigskrif: 𒀭𒂗𒆤 DENLÍL: EN = heer, LÍL = wind; "god van storms")[1] is die god van die wind, asem, hoogte en afstand,[2] en een van die hoofgode in die Sumeriese en later die Akkadiese, Babiloniese, Hetitiese, Kanaänitiese en ander Mesopotamiese mitologieë. In die latere Akkadiese mitologie was hy die seun van Ansjar en Kisjar. Sy naam is ook Ellil gespel.
Die mite van Enlil en Ninlil gaan oor hoe die jong god Enlil van Ekoer, die blyplek van die gode, verban word na Koer, die onderwêreld, omdat hy ’n godin met die naam Ninlil verlei het. Die swanger Ninlil volg hom na die onderwêreld, waar sy die lewe skenk aan hul eerste kind, die maangod Nanna/Sin. Nadat hulle nog drie kinders in die onderwêreld gehad het, word Enlil toegelaat om na Ekoer terug te keer.[3][4]
Hy was bekend as die uitvinder van ’n belangrike pik of byl wat in die landbou gebruik is en plante help groei het.[5]