Die Eoseen-Oligoseen-uitwissing van 33,7 miloen jaar gelede is een van kleiner uitwissingsvoorvalle in die Aarde se geskiedenis.
Dit is nogtans een van die grootste uitwissings van die weekdiere en ander ongewerweldes van die Senosoïkum. Byvoorbeeld in die vlak water voor die Golfkus van die VS verdwyn ongeveer 90% van die weekdierspesies in hierdie tydperk.
Daar is gedink dat die oorgang na die Oligoseen 'n klimaatverandering geken het. Die gemiddelde temperature verander nogtans nie so sterk nie. Dit kan uit die aragoniet in die otoliete van visse bepaal word deur die suurstofisotope te bepaal. Indien dit egter noukeurig gedoen word lyk dit of die winters sowat vier grade kouer geword het.[1] Dit hang dalk saam met die verskyning van 'n yskap op Antarktika wat stadig meer na die suidpool beweeg het. Australië en Suid-Amerika het losgeraak en die huidige sirkumpolêre stroom het ontstaan. Dit het glo die klimaat of Antarktika sterk afgekoel en die eerste yslae het daar gevorm.
Van die groepe wat verdwyn is die foraminifera Discosyslinidae, Asterocyclinidae en 'n deel van die Nummulitidae, wat destyds baie volop gewees het.[2]
Die aarde is ook getref deur komete of asteroïdes in hierdie tydperk soos die Russiese Popigai-meteoor.[3] Die planeet het dalk daardeur 'n impakwinter ervaar. Geleerdes stem nogtans nie saam oor die vraag watter rol dit gespeel het nie. Daar is ook aanwysings dat daar 'n reeks voorvalle gewees het wat sowat 10 miljoen jaar geduur het en nie een skielike uitwissing nie.[4]
Die Grande Coupure verwys na 'n opmerkelike wysiging in die fossiele van veral soogdiere wat in Europa aangetref word. Dit is moontlik dat hierdie voorval effens later as 33,7 mj het plaasgevind. Een interpretasie is dat Europa uit 'n argipel bestaan het. Omdat die afkoeling van die aarde gelei het tot die vorming van yslae, veral in Antarktika het die vlak van die oseaan laer geword en die Europese eilande het met Asië in kontak gekom en speises wat endemies aan Europa was het uitgesterf.[4]