Epidauros Ἐπίδαυρος Epidaurus | |
---|---|
Stad | |
Die amfiteater van Epidauros bied naas perfekte akoestiek ook 'n uitsig oor die berglandskap van sy omgewing | |
Koördinate: 37°38′0″N 23°08′0″O / 37.63333°N 23.13333°O | |
Land | Griekeland |
Geografiese streek | Peloponnesos |
Administratiewe streek | Argolis |
Oppervlak | |
• Munisipaliteit | 340 km2 (131,4 vk. myl) |
• Munisipale eenheid | 161 km2 (62,0 vk. myl) |
Bevolking | |
• Munisipaliteit | 8 115 |
• Munisipaliteit density | 24/km2 (62/vk. myl) |
• Munisipale eenheid | 3 887 |
• Munisipale eenheid density | 24/km2 (63/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Epidauros (Grieks: Ἐπίδαυρος, Latyn: Epidaurus) is die belangrikste antieke heiligdom wat aan Asklepios, die Griekse god van medisyne en genesing, en sy vader Apollo gewy is. Dit is geleë temidde van 'n berglandskap op die Peloponnesos-skiereiland naby die moderne Lygourio, 'n nedersetting in die distrik Asklipiio en die munisipaliteit Epidavros. In 1988 is die heiligdom as Unesco-wêrelderfenis gelys.
Naas sy rol as heiligdom en pelgrimsoord was Epidauros met sy hospitaalgeboue ook die vernaamste herstellingsoord in die antieke Grieks-Romeinse tydperk. Hier het ook die grootste antieke opelugteater ontstaan wat omstreeks 300 v.C. teen 'n helling gebou is en ná latere uitbreidings sitplekke vir 14 000 besoekers gebied het. Epidauros se amfiteater is die bes bewaarde in Griekeland. Ná argeologiese opgrawings en herstelwerk in die 19de eeu is dit toeganklik vir die publiek en tans – saam met die Asklepios- en Tholos-tempels – een van die gewildste antieke besienswaardighede in Griekeland.[1]