Epsomiet | |
---|---|
Epsomiet | |
Formule | MgSO4.7H2O |
Onsuiwerhede | Ni,Fe,Co,Mn,Zn |
Nickel-Strunz (10) | 7.CB.40 |
Kleur | wit, grys, kleurloos, pienk, groenerig[1] |
Streep | wit[1] |
Glans | glasagtig, syerig, aardagtig [1] |
Hardheid | 2-2,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 1,675-1,679 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (-) |
RI-waardes | nα = 1.433 nβ = 1.455 nγ = 1.461[1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | ortorombies |
Ruimtegroep | P212121 |
Strukturbericht-kode | H4₁₂ |
Nommer | 19 |
Eenheidsel | a = 1186 pm, b = 1199 pm, c = 685,8 pm |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Epsomiet is 'n hidraat van magnesiumsulfaat. Dit is 'n mineraal wat dikwels in beskutte kolle op uitlopers van dolomitiese of kalkagtige rotse aangetref word. Dit is 'n evaporiet wat in soutmeerafsettings voorkom en op mure van grotte en myne. Soms op houtstutte of verlate toerusting.
Die struktuur is isomorfies met die struktuur van morenosiet (NiSO4.7H2O; strukturbericht-klassifikasie H412)[2] Ses van die sewe watermolekules vorm 'n oktaëder rond die magnesiumioon. Die sulfaatione is tetraëdries. Die ses watermulekules is deur waterstofbinding met die suurstofatome van die sulfaatione verbind. Een watermolekule verbind sulfaat met 'n ander watermolekule pleks van met 'n magnesiumioon.[3]
Die heptahidraat is die stabiele fase tussen ongeveer 1,8 °C en 49,5 °C. Bo 49,5 °C verloor dit die een ekstra watermolekule en vorm dit heksahidriet.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)