Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Ernst Haas | |
---|---|
Ernst Haas in 1986. | |
Gebore | |
Sterf | 12 September 1986 (op 65) |
Nasionaliteit | Amerikaans, Oostenryks |
Beroep | Fotograaf |
Eggenoot | Antoinette Wenckheim |
Kinders | Alexander, Victoria |
Webwerf | http://www.ernst-haas.com |
Ernst Haas (2 Maart 1921 – 12 September 1986) was ’n fotojoernalis en pionier-kleurfotograaf. In sy loopbaan van 40 jaar het die Oostenryks gebore Haas die gaping oorbrug tussen fotojoernalistiek en die gebruik van fotografie as kunsmedium. Benewens sy uitstekende dekking van gebeure oor die wêreld heen ná die Tweede Wêreldoorlog, was hy ’n vroeë innoveerder in kleurfotografie. Sy foto's is ruim gebruik deur tydskrifte soos Life en Vogue, en was in 1962 die onderwerp van die eerste tentoonstelling van een fotograaf se werk in New York se Museum of Modern Art.
Hy was onder andere die president van die koöperatiewe Magnum Photos, en sy boek The Creation (1971) was een van die suksesvolste fotografieboeke ooit; meer as 350 000 eksemplare is verkoop.
Haas is op 12 September 1986 in New York oorlede ná ’n beroerte in Desember 1985.
’n Paar van die pryse wat Haas gewen het, is: