| |||||||
Gestig | 1993 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Bedryfsbasisse | Düsseldorf Lughawe, Lughawe Hamburg, Lughawe Wene-Schwechat | ||||||
Vlootgrootte | 29 | ||||||
Bestemmings | Duitsland en Europa | ||||||
Houermaatskappy | Lufthansa Groep | ||||||
Hoofkantoor | Düsseldorf, Duitsland | ||||||
Sleutelpersone | Jochen Wallisch Thomas Lindner | ||||||
Omset | €171 miljoen (2010) | ||||||
Werknemers | 838 | ||||||
Webwerf | eurowings.com |
Eurowings is 'n Duitse lugredery en dogteronderneming van Lufthansa wat sy hoofkwartier in Düsseldorf het. Naas die lughawe in Düsseldorf dien ook Hamburg en Wene (vanaf 2015) as spilpunte. Eurowings het oorspronklik veral vlugte namens Germanwings onderneem, maar sedert die najaar van 2015 word Germanwings deur Eurowings bestuur. So vlieg Germanwings tans in opdrag van Eurowings.
As laekostelugredery bied Eurowings veral vlugte na oorsese vakansiebestemmings aan, waaronder Varadero in Kuba, Bangkok en Phuket in Thailand en Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate.[1] Eurowings se langafstandvlugte word met Airbus A330-200-stralers onderneem vanaf die lughawe Keulen-Bonn.