Coupe des Confédérations 2003 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Frankryk |
Datums | 18 – 29 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 3 (in 3 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Frankryk (2 titels) |
Tweede plek | Kameroen |
Derde plek | Turkye |
Vierde plek | Colombia |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 37 (2.31 per wedstryd) |
Bywoning | 491 700 (30 731 per wedstryd) |
Meeste punte | Thierry Henry (4 doele) |
Beste speler | Thierry Henry |
← 2001 2005 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frans: Coupe des Confédérations 2003; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 18 tot 29 Junie 2003 in Frankryk aangebied. Dit was die vierde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Frankryk, die gasheerland en verdedigende kampioen van 2001, het die toernooi gewen nadat hulle Kameroen in die eindstryd geklop het; Kameroen het die eerste Afrikaspan geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Turkye het in die derde en Colombia in die vierde plek geëindig. Dit was die vierde en laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie vorige 1997-, 1999- en 2001-toernooie ingespan.
Die toernooi is ontsier deur die dood van die Kameroense sokkerspeler Marc-Vivien Foé wat in die wedstryd teen Colombia op die veld aan ’n akute hartstilstand oorlede is.
Voor die sperdatum op 1 Mei 2002 is vyf bie ingedien. Australië, Portugal en die Verenigde State het enkelbie ingedien, terwyl Suid-Afrika en Egipte asook Frankryk en Switserland saamgespan het. Die Frans-Switserse span is nooit gerealiseer nie.[1][2]
Die gasheer is aangewys tydens FIFA se uitvoerende komitee se vergadering op 24 September 2002.[3]
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Saint-Denis | Lyon | Saint-Étienne |
---|---|---|
Stade de France | Stade de Gerland | Stade Geoffroy-Guichard |
48°55′28″N 2°21′36.7″O / 48.92444°N 2.360194°O | 45°43′25.5″N 4°49′57″O / 45.723750°N 4.83250°O | 45°27′38.7″N 4°23′24.6″O / 45.460750°N 4.390167°O |
Kapasiteit: 80 000 | Kapasiteit: 41 200 | Kapasiteit: 36 000 |
Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Frankryk | UEFA | Gasheer en wenner van die UEFA Europa-beker in 2000 | 2de |
Brasilië | CONMEBOL | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 | 4de |
Japan | AFC | Wenner van die AFC Asië-beker in 2000 | 3de |
Colombia | CONMEBOL | Wenner van die Copa América-beker in 2001 | 1ste |
Verenigde State | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2002 | 3de |
Kameroen | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2002 | 2de |
Turkye | UEFA | Derde plek in die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 | 1ste |
Nieu-Seeland | OFC | Wenner van die OFC Nasiebeker in 2002 | 2de |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 18 Junie 2003 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen Nieu-Seeland en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Kameroen en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999 en 2001 ingespan.
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 1 | +7 | 9 |
Colombia | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 2 | +2 | 6 |
Japan | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 3 | +1 | 3 |
Nieu-Seeland | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 11 | –10 | 0 |
18 Junie 2003 18:00 MEST | ||||
Nieu-Seeland | 0–3 | Japan | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 36 038 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
Verslag | 12', 75' Nakamura 65' Nakata |
18 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Frankryk | 1–0 | Colombia | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 38 541 Skeidsregter: Lucílio Batista (Portugal) | |
Henry 39' (straf) | Verslag |
20 Junie 2003 19:00 MEST | ||||
Colombia | 3–1 | Nieu-Seeland | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 22 811 Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala) | |
López 58' Yepes 75' Hernández 85' |
Verslag | 27' de Gregorio |
20 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Frankryk | 2–1 | Japan | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 33 070 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Pirès 43' (straf) Govou 65' |
Verslag | 59' Nakamura |
22 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Frankryk | 5–0 | Nieu-Seeland | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 36 842 Skeidsregter: Masoud Moradi (Iran) | |
Kapo 17' Henry 20' Cissé 71' Giuly 90+1' Pirès 90+3' |
Verslag |
22 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Japan | 0–1 | Colombia | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 24 541 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag | 68' Hernández |
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kameroen | 3 | 2 | 1 | 0 | 2 | 0 | +2 | 7 |
Turkye | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | 0 | 4 |
Brasilië | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | 0 | 4 |
Verenigde State | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 3 | –2 | 1 |
19 Junie 2003 19:00 MEST | ||||
Turkye | 2–1 | Verenigde State | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 16 944 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Okan Y. 40' (straf) Tuncay 73' |
Verslag | 37' Beasley |
19 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Brasilië | 0–1 | Kameroen | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 46 719 Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland) | |
Verslag | 83' Eto'o |
21 Junie 2003 19:00 MEST | ||||
Kameroen | 1–0 | Turkye | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 43 743 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Geremi 90+1' (straf) | Verslag |
21 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Brasilië | 1–0 | Verenigde State | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 20 306 Skeidsregter: Lucílio Batista (Portugal) | |
Adriano 22' | Verslag |
23 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Brasilië | 2–2 | Turkye | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 29 170 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Adriano 23' Alex 90+3' |
Verslag | 53' Gökdeniz 81' Okan Y. |
23 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Verenigde State | 0–0 | Kameroen | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 19 206 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Verslag |
Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
26 Junie – Lyon | |||||||
Kameroen | 1 | ||||||
Colombia | 0 | ||||||
29 Junie – Saint-Denis | |||||||
Kameroen | 0 | ||||||
Frankryk | 1 | ||||||
Derde plek | |||||||
26 Junie – Saint-Denis | 28 Junie – Saint-Étienne | ||||||
Frankryk | 3 | Colombia | 1 | ||||
Turkye | 2 | Turkye | 2 |
26 Junie 2003 18:00 MEST | ||||
Kameroen | 1–0 | Colombia | Stade de Gerland, Lyon Toeskouers: 12 352 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
N'Diefi 9' | Verslag |
26 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Frankryk | 3–2 | Turkye | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 41 195 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Henry 11' Pirès 26' Wiltord 43' |
Verslag | 42' Gökdeniz 48' Tuncay |
28 Junie 2003 18:00 MEST | ||||
Colombia | 1–2 | Turkye | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne Toeskouers: 18 237 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Hernández 63' | Verslag | 2' Tuncay 86' Okan Y. |
29 Junie 2003 21:00 MEST | ||||
Kameroen | 0–1 (e.t.) | Frankryk | Stade de France, Saint-Denis Toeskouers: 51 985 Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland) | |
Verslag | 97' Henry |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2003 |
---|
Frankryk |
In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[4] Die ranglys vir die 2003-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk | A | 5 | 5 | 0 | 0 | 12 | 3 | +9 | 15 |
2 | Kameroen | B | 5 | 3 | 1 | 1 | 3 | 1 | +2 | 10 |
3 | Turkye | B | 5 | 2 | 1 | 2 | 8 | 8 | ±0 | 7 |
4 | Colombia | A | 5 | 2 | 0 | 3 | 5 | 5 | ±0 | 6 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Brasilië | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 4 |
6 | Japan | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 3 | +1 | 3 |
7 | Verenigde State | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 3 | −2 | 1 |
8 | Nieu-Seeland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 11 | −10 | 0 |
Meeste doele aangeteken:
|
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003. |