Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: فهد بن عبد العزيز آل سعود, Fahd ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Sa‘ūd; 1921[1][2] - 1 Augustus 2005) was van 1982 tot 2005 koning van Saoedi-Arabië. Hy was een van die 45 seuns van die land se stigter, Ibn Saoed, en die vierde van die ses seuns wat hom opgevolg het.
Fahd is in 1975 as kroonprins aangewys toe sy halfbroer Khalid ’n ander halfbroer, Faisal, opvolg nadat laasgenoemde in ’n sluipmoordaanval dood is. Fahd is as die de facto-premier beskou tydens Khalid se bewind, deels vanweë Khalid se swak gesondheid. Fahd het die troon bestyg nadat Khalid op 13 Junie 1982 oorlede is.
Fahd kry die eer dat hy die Basiese Reg van Saoedi-Arabië ingestel het. Hy het in 1995 ’n verlammende beroerte gehad, waarna hy nie sy amptelike pligte ten volle kon uitvoer nie. Sy halfbroer, Abdoellah, die land se kroonprins, het as de facto-regent gedien en Fahd ná sy dood in Augustus 2005 opgevolg.
Fahd bin Abdoel Aziz is in 1921 in Riaad gebore.[3][4] Hy was die agtste oudste seun van Ibn Saoed.[5] Sy ma was Hassa al-Soedairi[6] en hy was die oudste van die Soedairi-sewe,[7] die sewe broers van dieselfde ma. Hy het onder meer opleiding ontvang aan die Instituut vir Heilige Kennis in Mekka.[8][9]
Fahd was in 1945 op sy eerste staatsbesoek – in San Francisco vir die ondertekening van die VN-stigtingsakte.[10] Hy het onder sy broer gedien, wat toe Saoedi-Arabië se minister van buitelandse sake was.[9]
Fahd het in 1959 die Saoediese afvaardiging gelei na die Arabiese Liga, wat ’n teken was van sy toenemende belangrikheid. In 1962 het hy die minister van binnelandse sake geword[16] en in 1975, ná die dood van koning Faisal, die kroonprins.[17][18] Twee van sy ouer broers, prinse Nasser en Saad, is as ongeskik vir die troonopvolging beskou.[17]
Toe koning Khalid op 13 Junie 1982 sterf, het Fahd hom opgevolg[19] as die land se vyfde koning.[20]
Omdat hy bang was die Iranse Rewolusie van 1979 kon tot soortgelyke oproerigheid in Saoedi-Arabië lei, het Fahd nadat hy in 1982 koning geword het aansienlike bedrae geskenk om Saddam Hoesein se BaathistieseIrak in sy oorlog met Iran te steun.[21] Hy was ook ’n ondersteuner van die Verenigde Nasies en het 5,5% van Saoedi-Arabië se nasionale inkomste aan verskeie fondse geskenk soos die Saoediese Ontwikkelingsfonds en die Opul-fonds vir Internasionale Ontwikkeling. Hy was ’n sterk ondersteuner van die Palestynse saak en ’n teenstander van Israel.[22] Hy was ook ’n groot bondgenoot van die VSA.[23]
Fahd was ’n strawwe roker en vir ’n groot deel van sy volwasse lewe oorgewig, en het in die 1960's aan artritis en kwaai diabetes begin lei.[7] Hy het op 29 November 1995 ’n verlammende beroerte gehad[15] en het merkbaar verswak, en het op 2 Januarie 1996 regeringsake in die hande van kroonprins Abdoellah gelaat.[24][25][26] Op 21 Februarie het Fahd amptelike pligte hervat.[27]
Ná sy beroerte was Fahd deels onaktief en moes hy ’n kierie en rolstoel gebruik.[28] Hy het egter steeds vergaderings bygewoon en uitgesoekte besoekers ontvang. Kroonprins Abdoellah het op amptelike reise gegaan.
Fahd is op 27 Mei 2005 vir mediese toetse in Riaad in die hospitaal opgeneem.[29] Hy is op 1 Augustus van dié jaar op 84 oorlede.[30]
↑"King Fahd 1923-2005". Royal Embassy of Saudi Arabia (in Engels). Washington DC, US. 1 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 29 Junie 2012.
↑ 17,017,1Simon Henderson (1994). "After King Fahd"(PDF). Washington Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike(Policy Paper) op 17 Mei 2013. Besoek op 2 Februarie 2013.
↑East, Roger; Thomas, Richard J. Profiles of People in Power: The World's Government Leaders. Routledge. p. 347. ISBN9781317639398.
↑De Borchgrave, Arnaud (27 Desember 2006). "Analysis: Arabian Medicis". UPI (in Engels). Washington, D.C. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2013.
↑Samh, Rasheed Aboul (4–10 Augustus 2005). "Smooth succession". Al Ahram Weekly. 754. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2013. Besoek op 4 Maart 2013.