Die Fama Fraternitatis word beskou as een van die brondokumente van die oorspronklike Orde van die Rosekruis. Die notaris Haselmeer het die bestaan van die manuskrip (moontlik) reeds in 1610 genotuleer, asook in 'n paragraaf in die Cassel uitgawe van 1614. Die dokument is in 1615 gepubliseer saam met twee ander brondokumente van die Orde van die Rosekruis. Die dokument nooi mense uit om hulle by die broederskap te skaar. Baie mense het gereageer op die uitnodiging maar geen rekord is beskikbaar van enige mense wat wel deel geword het van so 'n broederskap nie.
Alhoewel die Fama Fraternatis geskryf is asof dit histories gefundeer is, is die algemene beskouing dat die dokument eerder allegories is. Die dokument beskryf die lewe van die 'n mitiese persoon Christian Rosencreutz. Die dokument wei verder uit hoe die graf van Christian Rosencreutz herontdek is deur die stigters van die Orde van die Rosekruis.
Daar word algemeen aanvaar dat Christian Rosencreutz nie 'n werklike persoon was nie maar eerder 'n simboliese persoon was wat die ideale van die Orde van die Rosekruisers verteenwoordig het.
'n Interessante voorbeeld van die allergoriese aard van die dokument is die geboorte datum wat gegee word vir Christian Rosencreutz as 1378. Moderne Rosekruis organisasies trek hul mistisisme terug tot by die Egiptiese Farao Akhnathon wat volgens die orde in 1378 v.C. gebore is.
Ander persone waarna verwys word in die dokument kan nie histories bevestig word nie aangesien net voorletters gebruik is om na die eerste lede van die orde te verwys.
Die dokument gee heelwat inligting weer in terme van die oorsprong en filosofiese gedagtes van die Orde van die RoseKruisers. Die afleiding kan gemaak word uit al die dokumente en filosofiee waarna verwys word in die Fama Fraternitatis.
Volgens die Fama Fraternitatis het die Orde van die Rosekruis die volgende doelstellings:
Alhoewel die Fama Fraternitatis anoniem gepubliseer is word die outeurskap toegedig aan Francis Bacon. Johann Valentin Andrea het later in sy lewe beweer dat hy die Rosekruis dokumente as 'n grap geskryf het.
Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |