Feta | ||
Oorsprong | Griekeland | |
Melkbron | Skape (≥70%), bokke (bevat soms koei- of buffelmelk) | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Soms | |
Tekstuur | Korrelrig | |
Vorm | Blokke | |
Veroudering | Minstens 3 maande | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 21 g | |
Proteïen | 14 g | |
Koolhidrate | 4 g | |
Vitamiene | B2, B6, B12, A | |
Energie | 1 103 kJ |
Feta (Grieks: φέτα féta, "sny") is ’n wit, gepekelde wrongelkaas wat in Griekeland van skaapmelk gemaak word, of van ’n mengsel van skaap- en bokmelk. Soortgelyke gepekelde kase van koeimelk word ook elders in Europa gemaak en hulle word soms ook feta genoem. Dit is ’n krummelrige, verouderde kaas met ’n korrelrige tekstuur wat gewoonlik in blokke verkoop word. Feta word net so geëet of in slaaie soos ’n Griekse slaai. Dit word ook gebruik in pasteitjies, toebroodjies, omelette of as plaasvervanger vir ander kase in verskeie geregte.
Sedert 2002 word "feta" deur die Europese Unie bepaal as slegs ’n kaas wat in sekere streke van Griekeland op ’n tradisionele manier van skaapmelk vervaardig is, of van ’n mengsel van skaap- en tot 30% bokmelk uit dieselfde streek.[1] Soortgelyke kase word egter ook in die oostelike Middellandse See-gebied en om die Swartsee aangetref.
Feta is ’n sagte, gepekelde, wit kaas met klein of geen gaatjies wat kompak voel. Dit het geen buitelaag nie. Dit word gewoonlik in groot blokke gesny wat in pekelwater gedompel word. Dit bevat hoogstens 56% vloeistof en minstens 43% vet in droë stof, en die pH wissel gewoonlik tussen 4,4 en 4,6.[2] Feta word gewoonlik gekategoriseer in "ferm" en "sagte" soorte. Die ferm soorte het ’n skerper smaak en die sagte soorte is so sag dat dit amper smeerbaar is.
Feta van ’n goeie gehalte het ’n romerige tekstuur en aromas van bokmelk, botter en jogurt. Dit smaak skerp en effens sout en suur, met ’n speseryagtige afronding wat herinner aan peper en gemmer, asook ’n effense soetigheid.
{{cite web}}
: CS1 maint: date format (link)