Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Fibromialgie | |
---|---|
Ander name | Fibromialgie sindroom |
Die ligging van die nege gekoppelde seerpunte wat die kriteria vir fibromialgie vorm | |
Spesialiteit | Psigiatrie, rumatologie, neurologie |
Simptome | Wydverspreide pyn, moegheid, slaapprobleme |
Tydsduur | Lang termyn |
Oorsake | Onbekend |
Diagnostiese metode | Gebaseer op simptome nadat ander moontlike oorsake uitgesluit is |
Behandeling | Voldoende slaap en oefening, gesonde dieet |
Medikasie | Duloxetine, milnacipran, pregabalin, gabapentin |
Prognose | Normale lewensverwagting |
Frekwensie | 2–8% |
Mediese waarskuwing |
Fibromialgie is 'n mediese toestand wat gekenmerk word deur chroniese wydverspreide pyn en 'n verhoogde pynreaksie op druk.[1] Ander simptome sluit in moegheid in so 'n mate dat normale aktiwiteite aangetas word, slaapprobleme en probleme met die geheue.[2] Sommige mense rapporteer ook rustelose bene-sindroom, derm- of blaasprobleme, gevoelloosheid en tinteling en sensitiwiteit vir geraas, ligte of temperatuur.[3] Fibromialgie word gereeld geassosieer met depressie, angs en posttraumatiese stresversteuring.[2]
Die oorsaak van fibromialgie is onbekend; daar word egter geglo dat dit 'n kombinasie van genetiese en omgewingsfaktore behels.[2][3] Die toestand loop in gesinne en daar word geglo dat baie gene daarby betrokke is.[4] Omgewingsfaktore kan sielkundige spanning, trauma en sekere infeksies insluit.[2] Dit lyk asof die pyn voortspruit uit prosesse in die sentrale senuweestelsel en daar word na die toestand verwys as 'n "sentrale sensitiseringsindroom".[1][2] Daar is geen spesifieke diagnostiese toets nie,[3] hoewel vanaf 2020 is daar verskillende diagnostiese bloedtoetse wat besig is om gesertifiseer te word en is vir die diagnose van fibromialgie saam met 'n fisiese ondersoek gebruik.[5][6] Nietemin behels alle vorme van diagnose eers die moontlikheid om ander moontlike oorsake uit te skakel en te verifieer dat 'n bepaalde aantal simptome aanwesig is.[2][3]
Die behandeling van fibromialgie kan moeilik wees. Aanbevelings sluit dikwels genoeg slaap, gereeld oefen en 'n gesonde dieet in.[3] Kognitiewe gedragsterapie kan ook nuttig wees.[2] Die medisyne duloxetine, milnacipran of pregabalin kan gebruik word.[3] Die gebruik van opioïedpynmedikasie is kontroversieel, en sommige sê dat die bewyse van nut daarvan sleg is[3][7] terwyl ander sê dat die gebruik van swak opioïede redelik kan wees as ander medisyne nie effektief is nie.[8] Daar is geen bewyse wat die gebruik van dieetaanvullings terapie ondersteun nie.[3] Alhoewel fibromialgie lank kan duur, lei dit nie tot die dood of weefselskade nie.[3]
Fibromialgie raak na raming 2–8% van die bevolking en vroue word ongeveer twee keer so gereeld geraak as mans. Voorkomsyfers lyk soortgelyk in verskillende dele van die wêreld en tussen verskillende kulture.[2]
Fibromialgie is die eerste keer in 1990 gedefinieer, met bygewerkte kriteria in 2011.[2] Daar is kontroversie oor die klassifikasie, diagnose en behandeling van fibromialgie.[9][10] Terwyl sommige voel dat die diagnose van fibromialgie iemand negatief kan beïnvloed, vind ander navorsing dat dit voordelig is.[2]
Die term "fibromialgie" is afkomstig van die Nuwe Latynse fibro-, wat "veselagtige weefsels" beteken, Grieks μυώ myo-, "spier", en Grieks άλγος algos, "pyn"; dus beteken die term letterlik "spier- en veselagtige bindweefselpyn".[11]