Firefly | |
Genre | Ruimte Western Drama wetenskapfiksie |
---|---|
Geskep deur | Joss Whedon |
Met | Nathan Fillion Gina Torres Alan Tudyk Morena Baccarin Adam Baldwin Jewel Staite Sean Maher Summer Glau Ron Glass |
Temamusiekkomponis | Joss Whedon |
Openingstema | The Ballad of Serenity uitgevoer deur Sonny Rhodes |
Komponis(te) | Greg Edmonson |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 1 |
Aantal episodes | 14 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Joss Whedon Tim Minear |
Vervaardiger(s) | Ben Edlund |
Regisseur(s) | Lisa Lassek |
Kinematografie | David Boyd |
Kameraopstelling | Enkel-kamera |
Produksiemaatskappy | Mutant Enemy Productions 20th Century Fox Television |
Verspreider | 20th Television |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Fox |
Beeldformaat | NTSC 480i 16:9 HDTV 1080i 16:9 Blu-ray Disc 1080p |
Klankformaat | 5.1 Surround Sound |
Eerste lopie | 20 September – 20 Desember 2002 |
Kronologie | |
Voorafgegaan deur | Serenity (rolprent) |
Opgevolg deur | Serenity (strokiesverhale) |
Firefly is 'n Engelse wetenskapsfiksie-televisiereeks wat eerste op die FOX-kanaal in die VSA en Kanada op 20 September 2002 gewys is. Dit is geskep deur Joss Whedon wat ook die reekse Buffy the Vampire Slayer en Angel gemaak het.
Die reeks is vernoem na die Firefly-tipe skip in die reeks, wat vernoem is na die insek waarvan die buik ook lig uitstraal: die vuurvlieg.
Die reeks vind plaas in die jaar 2517 NAE, weg van die aarde se sterrestelsel na dié se hulpbronne opgebruik is. Kaptein Malcolm "Mal" Reynolds is 'n veteraan van 'n burgeroorlog teen die "Alliansie", 'n organisasie wat die mensdom wou verenig onder een regering. 'n Sentrale kern van planete is onder die beheer van die Alliansie, terwyl setlaars en vlugtelinge ver van die kernplanete relatiewe vryheid geniet, maar minder fasiliteite van tegnologiese beskawing het. Mal gebruik sy Firefly-tipe skip, genaamd Serenity, om vrag te vervoer en om ander werk te doen, soms wettig, om 'n lewe te maak vir homself en sy bemanning.