Focke-Wulf Fw 200 Condor | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Focke-Wulf |
Ontwerp deur | Dr. Kurt Tank |
Nooiensvlug | 27 Julie 1937 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Die Focke-Wulf Fw 200 Condor was 'n Duitse viermotorige bomwerper tydens die Tweede Wêreldoorlog wat aanvanklik ontwerp is as 'n passasiersvliegtuig. Die Fw 200 V I prototipe het op 27 Julie 1937 sy nooiensvlug voltooi. Die vliegtuig was oorspronklik ontwerp as 'n 26-sitplek passasiershandelsvliegtuig vir Deutsche Lufthansa. Voor die Tweede Wêreldoorlog is die modelle Fw 200A en Fw 200B deur Deense en Brasiliaanse operateurs gebruik.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 4 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Bramo 323R-2 Fafnir stermotors |
Kraglewering per motor | 1 200 perdekrag |
Vlerkspan | 30,855 m |
Lengte | 23,46 m |
Hoogte | 6,30 m |
Maks. opstygmassa | 22 700 kg |
Maks. snelheid | 333 km/h op 4 800 m |
Operasionele hoogte | 5 800 m |
Togafstand | 3 550 km |
Bewapening | Een 20 mm MG 151 kanon, een 15 mm kanon, drie 7,9 mm MG 15 masjiengewere |
Bomvrag | 2 100 kg in bomlaai. |