Algemeen | |
---|---|
Naam | Formaldehied |
IUSTC-naam | Metanal |
Chemiese formule | CH2O |
Molêre massa | 30.026 g/mol |
CAS-nommer | 50-00-0 |
Voorkoms | kleurlose gas |
Reukdrempel | 1 dpm |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 874,11(10); c=447,40(9)pm[1] |
Ruimtegroep | P421c |
Nommer | 114 |
Smeltpunt | -92 °C |
Kookpunt | -19 °C |
Digtheid | 0.8153 g/cm3 (−20 °C) |
Oplosbaarheid | 400 g/L 55% in water[2] |
Dampdruk | 400 torr @ -33 °C |
Drievoudpunt | 155,1K[3] |
ΔvapHɵ | 24,3 [kJ/mol] @236K[3] |
ΔfHɵ (g) | -108,60 (0,46) [kJ/mol][3] |
ΔcHɵ | -570,78 (0,42) [kJ/mol][3] |
Sɵf(g) | 218,95 [J/molK][3] |
Warmtekapasiteit | 35,39 (2) [J/molK] @ p=1bar, T=298,15K[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 13.27 |
Veiligheid | |
Flitspunt | 64 °C |
Selfontbrandingspunt | 430 °C |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Formaldehied is 'n organiese verbinding met die chemiese formule CH2O of HCHO. Dit is die eenvoudigste aldehied, vandaar sy sistemiese naam metanal. Die gewone naam van die stof is afgelei van sy ooreenkoms en verwantskap tot mieresuur, wat deur oksidasie uit formaldehied gevorm kan word. Formica is Latyn vir mier.
Formaldehied is 'n kleurlose gas teen kamertemperatuur en het 'n kenmerkende stink, irriterende reuk. Formaldehied word dikwels as 'n 37% oplossing, byvoorbeeld in water en metanol verkoop. Hierdie oplossing word formalien genoem.[4]
Die kristalstruktuur is by 15K met neutrondiffraksie bepaal. Dit is 'n tetragonale struktuur met 8 molekules in die eenheidsel. Die molekules vorm vierkante tetramere (CH2O)4 wat deur sterk C-O bindings bymekaar gehou word.[5]
Formaldehied (CH₂O) is 'n kleurlose, hoogs giftige en vlambare gas by kamertemperatuur. [6] Formaldehied word natuurlik in klein hoeveelhede in ons liggame geproduseer. [7]
Formaldehiedgas het 'n sestal absorpsies in die infrarooi gebied van die elektromagnetiese spektrum.[8]
modusse | frekwensie (cm-1 |
---|---|
asimmetriese CH2-strek | 2850 |
simmetriese CH2-strek | 2785 |
C=O strek | 1750 |
CH2 skêr | 1485 |
CH2 wieg | 1250 |
CH2 waggel | 1165 |
Formaldehied kan deur versigtige oksidasie van metanol oor 'n katalisator soos koper of platinum verkry word.
Die produk word gewoonlik in water opgevang omdat anders polimerisasie optree.[9] Formaldehied polimeriseer maklik tot vaste paraformaldehied (H2CO)n.[10]
Formaldehied begin reeds teen 300°C te ontbind in koolstofmonoksied en waterstof:
Met suurstof oksideer dit en stel water vry:
Dit word gebruik in die vervaardiging van kunsmis, papier, laaghout en sommige harse. Dit word ook gebruik as 'n preserveermiddel en in huishoudelike produkte, soos antiseptiese middels, medisyne en skoonheidsmiddels. Formaldehied word in baie nywerhede gebruik. Dit word gebruik in gom en harse, kleurstowwe, tekstiele, ontsmettingsmiddels, boumateriaal, motoronderdele, middels vir balseming en in laboratoriums.[6] Dit word ook gebruik as 'n preserveermiddel in sommige kosse en in baie produkte wat in die huis gebruik word, soos antiseptika en medisyne[7]
Formalien, 'n oplossing van formaldehied in water word gebruik om biologiese spesimens te preserveer in museums ens.
Blootstelling aan formaldehied kan die vel, keel, longe en oë irriteer. Herhaalde blootstelling aan formaldehied kan moontlik tot kanker lei. Werkers kan benadeel word deur blootstelling aan formaldehied. Die vlak van blootstelling hang af van die dosis, duur en werk wat gedoen word.[6] Enkele voorbeelde van werkers wat die risiko loop om aan formaldehied blootgestel te word, sluit die volgende in:[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)