Fred Brownell | |
---|---|
Fred Brownell in 2016 | |
Gebore | Frederick Gordon Brownell 8 Maart 1940 |
Sterf | 10 Mei 2019 (op 79) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Heraldikus, vlagkundige, genealoog |
Bekend vir | Vlae van Suid-Afrika en Namibië[1] |
Termyn | 1982–2002 |
Voorganger | Norden Hartman |
Opvolger | Themba Mabaso |
Eggenoot | Christine de Villiers |
Kinders | 3 dogters[2] |
Frederick Gordon (Fred) Brownell (8 Maart 1940 – 10 Mei 2019[3]) was 'n Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog. Hy het onder andere die vlae van Namibië[4] en Suid-Afrika[5] ontwerp, asook heraldiese advies aan die ontwerper van die vlag van Lesotho verleen.[6] Hy is in 2000 met die Orde vir Voortreflike Diens bekroon.
Brownell het in 1977 as assistent-staatsheraldikus by die Buro vir Heraldiek begin werk. In 1982 is hy tot Staatsheraldikus bevorder. Hy het in 2002 van die staatsdiens afgetree.
Hy het verskeie wapens en vlae ontwerp, insluitende die wapen en vlag van Namibië in 1990. In 1994 ontwerp hy die nuwe Suid-Afrikaanse vlag, met 'n konvergerende kruis wat die samesnoering van verskillende kulture in een toekomstige Suid-Afrika simboliseer. Hy het later ook die wapens vir die nuwe provinsiale regerings ontwerp en het talle artikels en boeke oor heraldiek en vlae gepubliseer.
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)