Frederik IV | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Rosalba Carriera, 1709.
| |
Tydperk | 25 Augustus 1699 – 12 Oktober 1730 |
Voorganger | Christiaan V |
Opvolger | Christiaan VI |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Louise van Mecklenburg-Güstrow Elisabeth Helene van Vieregg Anna Sophie Reventlow |
Vader | Christiaan V |
Moeder | Charlotte Amalie van Hesse-Kassel |
Gebore | Kopenhagen | 11 Oktober 1671,
Oorlede | 12 Oktober 1730 (op 59), Odense |
Frederik IV (11 Oktober 1671 - 12 Oktober 1730) was van 1699 tot met sy dood koning van Denemarke en Noorweë. Hy was die seun van koning Christiaan V en Charlotte Amalie van Hesse-Kassel.
Frederik se belangrikste binnelandse hervorming was die afskaffing in 1702 van die sogenaamde vornedskab, ’n soort lyfeieneskap in Seeland sedert die laat Middeleeue. Sy pogings was egter grootliks verniet weens die instelling van slawerny in 1733.
Ná die oorlog het die handel en kultuur geblom. Tydens Frederik se bewind is Kopenhagen egter deur twee rampe getref: die pes van 1711 en die groot brand van Oktober 1728 wat die grootste deel van die Middeleeuse hoofstad verwoes het.
Frederik het met die Tweede Noordelike Oorlog (1700-1721) begin waarin Denemarke vir die eerste keer oor Swede geseëvier het. Die land kon egter nie verlore grondgebied in Suid-Swede terugwen nie.
’n Groot deel van Frederik se bewind is gekenmerk deur ’n vete met familie. Twee van sy neefs, Karel XII van Swede en Frederik IV, Hertog van Holstein-Gottorp (die drie mans was kleinseuns van Frederik III van Denemarke), het saam ’n oorlog teen sy pa gevoer. Nadat hy eers deur Swede verslaan en gedwing is om die onafhanklikheid van Holstein-Gottorp te erken, het Frederik die volgende Hertog van Holstein-Gottorp, Karel Frederik (sy kleinneef), in 1713 uit Sleeswyk verdryf.[1]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)