Frenologie

Frenologiese voorstelling uit Das neue Heilverfahren van Friedrich Eduard Bilz (1888)

Frenologie is 'n verouderde studie van menslike eienskappe deur na die vorm van die skedel te kyk.

Die woord frenologie is afgelei vanaf Grieks: φρήν, phrēn, "gees"; en λόγος, logos, "leerstelling". Dit is dus letterlik die "die leer van die gees". Volgens die leer kan 'n persoon se aanleg en karakter bepaal word deur na die groei van bepaalde dele van die harsings te kyk. Dit sou dan uiterlik sigbaar wees deur die vorm van die skelet te studeer, wat bepaalde knobbels sou vertoon. Die terme wiskundeknobbel en taalknobbel het dienooreenkomstig ontstaan. Die studie na die vorm en dimensies van die skedel word kraniometrie genoem.

Die grondlegger van frenologie was die Duitse (later Franse) geneeskundige Franz Joseph Gall (1758-1828). Die naam frenologie is deur sy belangrikste leerling, Johann Gaspar Spurzheim ingevoer. Ander belangrike persone wat die weg vir frenologie gebaan het was Giovanni Battista della Porta (1535-1615) en Johann Kaspar Lavater (1741-1801).

In die negentiende eeu stel Cesare Lombroso 'n nuwe forensiese tak van frenologie (al noem hy dit self nie so nie) bekend, waarin hy voorgestel dat kriminele gedrag aangebore is en bepaal kan word deur op die ontwikkeling van sekere gelaatstrekke te let. Op grond hiervan sou misdadigers dus moontlik erken kon word. Die Duitser Carl Huter (1861-1912) het ook 'n sielkundige stelsel wat op frenologie gegrond is ontwikkel, wat hy kallisophie genoem het.

In die twintigste eeu het die Belgiese priester Paul Bouts (1900-1999) wetenskaplike navorsing oor frenologie voortgesit. Sy broer, Camille Bouts, doseer dit selfs aan Suid-Amerikaanse universiteite. Mettertyd word besef dat die anatomie van die skedel bykans geen impak op menslike eienskappe het nie, en het die leer in onbruik verval.

Die meet van die binnekant van die skedel, soos wat argeoloeë doen om die breinfunksie tussen verskillende hominiede te vergelyk, word nie as frenologie gesien nie.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]