Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Frets on Fire (afgekort tot FoF) is 'n vrye, oopbron Finse musiek-videospel wat deur Unreal Voodoo geskep is. Spelers gebruik die rekenaar se toetsboerd om te speel. Spelers moet met die toetsbord merkers raakdruk wat op die skerm verskyn met die doel om punte bymekaar te maak, 'n puntetelling-vermenigvuldiger te bereik, en 'n baan klaar te speel.[1] Frets on Fire was die wenner van die Assembly 2006-spelontwikkelingskompetisie.[2]
Die spel is in die Python-programmeertaal geskryf en is onder die GNU Algemene Openbare Lisensie gelisensieer, alhoewel die spel ander vrye en oopbron-bronteks onder ander lisensies insluit. Die spel se ingeslote baan-lêers en sommige interne lettertipes is propriotêr en die verspreiding daarvan buite die Frets on Fire uitvoerbaarheid word beperk.[3]
Frets on Fire is oorkruis-platform en kan op Linux, Mac OS X, en Microsoft Windows geloop word.