Frithia humilis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Frithia |
Spesie: | F. humilis
|
Binomiale naam | |
Frithia humilis Burgoyne, (2000)
|
Frithia humilis is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Gauteng en Mpumalanga. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3285 km² en kom tussen Bronkhorstspruit en Middelburg voor. Die spesie het reeds 54% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling en gewasverbouing. Die bedreiging bestaan steeds.