Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Algemeen | |
---|---|
Naam | Fruktose |
IUSTC-naam | 1,3,4,5,6-Pentahidroksi-2-heksanoon |
Ander name | Vrugtesuiker[1] Levulose[2] d-fruktofuranose d-fruktose d-arabino-heksulose |
Chemiese formule | C6H12O6 |
Molêre massa | 180,12 g/mol |
CAS-nommer | 57-48-7 |
Voorkoms | wit, kristallyne vastestof |
Reuk | Reukloos |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 103 °C |
Kookpunt | |
Digtheid | 1,694 g/cm3 |
Oplosbaarheid | 4 000 g/l in water teen 25°C |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Fruktose, of vrugtesuiker, is 'n eenvoudige ketoniese monosakkaried ('n heksose) wat in baie plante voorkom, waar dit dikwels aan glukose gebind word om die disakkaried sukrose te vorm. Dit is een van die drie dieetmonosakkariede, tesame met glukose en galaktose, wat direk in die bloed opgeneem word tydens vertering.
Fruktose is in 1847 deur die Franse chemikus Augustin-Pierre Dubrunfaut ontdek.[3][4] Die naam 'fruktose' is in 1857 geskep deur die Engelse chemikus William Allen Miller.[5]
Suiwer, droë fruktose is 'n soet, wit, reuklose, kristallyne vastestof en is die mees oplosbaar in water van al die suikers.[6] Fruktose kom voor in heuning, vrugte, blomme, bessies en die meeste wortelgroente.
Kommersieel is fruktose afkomstig van suikerriet, suikerbiet en mielies. Mieliestroop met hoë fruktose is 'n mengsel van glukose en fruktose as monosakkariede. Sukrose is 'n verbinding met een molekule glukose wat kovalent verbind is aan een fruktose-molekule. Alle vorme van fruktose, insluitend vrugte en sappe, word gewoonlik by voedsel en drank gevoeg vir smaaklikheid en smaakverbetering, en vir die verbruining van sommige kosse, soos gebakte goedere. Ongeveer 240 000 ton kristallyne fruktose word jaarliks geproduseer.[7]
Oormatige verbruik van fruktose (veral van suikerversoete drankies) kan bydra tot insulienweerstand, vetsug, verhoogde LDL-cholesterol en trigliseriede, wat kan lei tot metaboliese sindroom.[8]
Die Europese Voedselveiligheidsowerheid het verklaar dat fruktose mag verkies wees bo sukrose en glukose in suikerversoete voedsel en drank as gevolg van die laer effek daarvan op die bloedsuikervlakke, terwyl die moontlike nadeel ook opgemerk word dat 'n "hoë inname van fruktose tot metaboliese komplikasies kan lei soos dyslipidemie (abnormale cholesterol ens. in die bloed), insulienweerstandigheid en verhoogde viscerale adipositeit (vet om die maag)".[9]
Die Britse wetenskaplike advieskomitee oor voeding in 2015 het die bewerings van fruktose wat metaboliese afwykings veroorsaak betwis, en verklaar dat "daar onvoldoende bewyse is om aan te toon dat fruktose-inname, op die vlakke wat in die normale VK-dieet verbruik word, tot ongunstige gesondheidsresultate lei, onafhanklik van enige effekte wat verband hou tot sy teenwoordigheid as 'n komponent van totale en vrysuikers."[10]