Fyntwa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Genus: | Stipagrostis |
Spesie: | S. obtusa
|
Binomiale naam | |
Stipagrostis obtusa (Delile) Nees
| |
Sinonieme | |
|
Fyntwa of kortbeenboesmangras (Stipagrostis obtusa (Delile) Nees) is 'n grasspesie in die Poaceae familie. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]
Die spesie is inheems aan onder andere Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in droë streke voor, soos die sukkulente Karoo en die Nama-Karoo. Die spesie is egter wydversprei en kom in die volgende lande Algerië, Bahrein, Botswana, Egipte, Ethiopië, Irak, Jemen, Katar, Koeweit, Libanon, Libië, Mauritanië, Marokko, Pakistan, Palestina, Saoedi-Arabië, Sinai, Sirië, Tsjad, Tunisië, Verenigde Arabiese Emirate en Wes-Sahara voor.[2][3]
Dit is 'n meerjarige polgras.[4] Dit groei op sanderige grond dikwels op 'n ondergrond van gruis of kalksteen. Dit het fyne blare tot 30 cm hoog en die blomhoofde is syagtige pluime. Die saadjies lyk soos uiters klein ryskorreltjies.[5] Dit is deel van die woestynlewerik se kos.[6]
Dit is baie smaaklik en is een van die beste weidingsgrasse in die droë streke van suidelike Afrika.[7] Dit is baie vir beweiding geskik:
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[8] | 10 | 6.60 | 4.07 |