Gabriël | |
---|---|
’n Ikoon van Gabriël, Bisantynse Ryk, omstreeks 1387–1395 (Tretjakof-galery, Moskou). | |
Aartsengel, Engel van openbaring | |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntale Ortodoksie, Anglikaanse Gemeenskap, Lutheranisme, Protestantisme, Baha’i-geloof |
Feesdag | 29 September, saam met die engele Migael en Rafael (Rooms-Katolieke Kerk, ná 1969) 24 Maart (Westelike Ritus Ortodoksie en Algemene Romeinse kalender voor 1969) 26 Maart, 13 Julie (Oostelike Ortodokse Kerk) 13 Paoni, 22 Koiak en 26 Paoni (Kopties-Ortodokse Kerk) |
Attribute | Aartsengel;[1] geklee in blou of wit kledingstukke;[2] 'n lelie draend,[2][3] 'n trompet,[2] 'n skitterende lantern,[2] 'n tak uit die Paradys,[2] 'n boekrol,[3] en 'n septer.[3] |
Beskermheilige | Telekommunikasiewerkers,[4][5] radio-uitsaaiers,[5] boodskappers,[5] poswerkers,[5] geestelikes,[5] diplomate,[5] seëlversamelaars,[5] Portugal, Santander, Cebu, ambassadeurs |
In die Abrahamitiese godsdienste Judaïsme, Christendom en Islam is Gabriël (Hebreeus: גַּבְרִיאֵל, Gawri'el, "God is my krag"; Grieks: Γαβριήλ, Gabriel; Kopties: Ⲅⲁⲃⲣⲓⲏⲗ; Aramees: ܓܒܪܝܝܠ; Arabies: جبريل, Djibril of جبرائيل, Djibrail) ’n engel wat boodskappe van God aan sekere mense oorgedra het.
Hy word in die Ou en Nuwe Testament van die Bybel genoem. In eersgenoemde verskyn hy aan die profeet Daniël.[6] In die Evangelie volgens Lukas verskyn hy aan Sagaria en Maria om die geboorte van onderskeidelik Johannes die Doper en Jesus aan te kondig.[7] In Daniël word na hom verwys as "iemand wat soos ’n man lyk", terwyl hy in Lukas "’n engel van die Here" genoem word. Hy word nie in die Bybel ’n aartsengel genoem nie, maar wel in bronne uit die intertestamentiese tydperk, soos die boek Henog.
In Rooms-Katolieke, Oosters-Ortodokse en Anglikaanse kerke word Migael, Rafael en Gabriël ook heiliges genoem.[1]
In die Islam word Gabriël (Djibril of Djibrail) beskou as ’n aartsengel wat Allah as boodskapper na verskeie profete gestuur het, onder andere Adam en Mohammed.[8] Moslems glo God het die Koran deur Gabriël aan Mohammed geopenbaar, waarvan die 69ste soera, Die Gestolde Bloed, die eerste was. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[9][10]
Gabriël word verskeie kere in die Koran genoem[11] In soera 2:98 word hy en Migael (Migiel) engele en boodskappers van Allah genoem. Nes in die Christendom het Gabriël die geboorte van Johannes die Doper en Jesus geopenbaar.[12] Hy was ook een van drie engele wat die geboorte van Isak aan Abraham bekendgemaak het.[13]
{{cite book}}
: Cite has empty unknown parameter: |chapterurl=
(hulp)
{{cite book}}
: Cite has empty unknown parameter: |chapterurl=
(hulp)