Gale is ’n krater op Mars naby die noordwestelike deel van die Aeolis Palus.[1] Dit is 154 km in deursnee[2] en die ouderdom daarvan word op sowat 3,5-3,8 miljard jaar geraam.[3] Die krater is genoem na Walter Frederick Gale, ’n amateur-sterrekundige uit die 19de eeu van Sydney, Australië.[4]
Aeolis Mons is ’n berg in die middel van Gale; dit is sowat 5,5 km hoog.[5][6]Aeolis Palus is die vlakte tussen die noordelike wal van Gale en die noordelike voetheuwels van Aeolis Mons.[5][6]Peace Vallis[7] loop van die kraterheuwels na die Aeolis Palus daaronder en lyk of dit uitgekerf is deur vloeiende water.[8][9]
Die Nasa-verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 daarnaby geland.[10] Curiosity verken Aeolis Mons en omliggende gebiede.
’n Buitengewone eienskap van Gale is ’n enorme heuwel van sediment[11] wat sowat 5,5 km bo die noordelike kratervloer en sowat 4,5 km bo die suidelike kratervloer uitstyg. Die sediment kon oor ’n tydperk van 2 miljard jaar daar gestort gewees het.[3] Die oorsprong van die heuwel is nie bekend nie, maar navorsing dui daarop dat dit oorblyfsels is van sedimentlae wat die krater eens volledig gevul het.[3] Dit word egter betwis.[12][13]
↑Wood, Harley. "Biography – Walter Frederick Gale". ADB.anu.edu.au (in Engels). Australian Dictionary of Biography. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 18 Augustus 2012.
↑Staff. "The Mound In Gale Crater" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2018. Besoek op 5 Januarie 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)