Galeniet | |
---|---|
Galeniet | |
Formule | PbS |
Onsuiwerhede | Ag, Cu, Fe, Bi |
Kleur | loodgrys |
Streep | loodgrys |
Hardheid | 2,5 (Mohs) |
Kristalsisteem | kubies |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht-kode | B1 |
Schoenflies-simbool | O5h |
Eenheidsel | a = 5.936 Å[1] |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Galeniet (ook bekend as galena en loodglans; Engels: galena) is 'n belangrike looderts wat dikwels ook silwerhoudend is. Dit het die kubiese haliet-struktuur.
Dit is die volopste loodmineraal en -erts en word in lae- tot middel-temperatuur hidrotermale uitlate in stollingsgesteentes en sedimentêre gesteentes met kontak-metamorfose aangetref. Dit kom dikwels saam met piriet, markasiet, chalkopiriet en sfaleriet voor, soms ook saam met kalsiet, kwarts, dolomiet en vloeispaat.[2]