Die Gardaberge (Italiaans: Prealpi Gardesane, Duits: Gardaseeberge), soms ook die Garda-heuwels, is 'n uitgebreide bergreeks van die Suidelike Kalksteenalpe in Noord-Italië.
Die Gardaberge word in die suide begrens deur die Po-vallei en in die noorde deur die Brenta-Dolomiete, in die ooste deur die Adige-vallei en in die weste deur die Valli Giudicarie. Die berge se presiese grens, volgens die Alp-klub klassifikasie van die Oostelike Alpe, is soos volg: Lake Iseo – Col di San Zeno – Val Trompia – Passo di Manivia – Bagolino – Storo – Tione – Vezzano – Trente – Val d'Adige/Etschtal – Verona – Brescia – Iseomeer.
Hul hoogste kruin is die Monte Cadria, op 2 254 meter (7395 voet).
Die klimaat van die Gardaberge is baie matig as gevolg van die suidelike ligging in die Alpe, asook die invloed van die Middellandse See. Daar val selde sneeu in die Sarca- vallei of aan die oewer van die Gardameer, en in die lente en herfs, word temperature van tussen 15-20°C dikwels ervaar. Die Gardaberge het baie min gletsers en ski-oorde. Die Alpinistiese middelpunt van die reeks is die dorp Arco. In die omgewing van Arco is daar talle sportklimareas.
Die Gardameer en sy omliggende berge is 'n gewilde bestemming vir watersportmanne, bergfietsryers, stappers en klimmers.
Aan die westelike oewer van die Gardameer is die Parco Alto Garda Bresciano-natuurpark.
Vie ferrate sluit in: