Geelbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. microcephalum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron microcephalum (Gand.) Gand. & Schinz, (1913)
| |
Sinonieme | |
|
Die geelbos (Leucadendron microcephalum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom by Kogelberg, Kleinmond, Kleinrivierberge, Groenlandberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toit's Kloof en Riviersonderendberge.
Die struik word 2.0 m hoog en blom in Julie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in klipperige sandsteengrond op hoogtes van 0 - 1 330 m.
In Engels staan dit as die Oilbract conebush bekend.