Geelgousblom | |
---|---|
Gazania lichtensteinii Less., in Namakwaland, Goegap Natuurreservaat | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. lichtensteinii
|
Binomiale naam | |
Gazania lichtensteinii Less., 1832
| |
Sinonieme | |
|
Die geelgousblom (Gazania lichtensteinii Less.) is een van die plante wat gousblom genoem word. Dit is inheems aan Suid-Afrika (Wes- en Noord-Kaap) en Namibië.[1] Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[2]
Dit is 'n eenjarige kruid wat 20 cm hoog kan word. Die blare is tot 4 cm lank en die blomhofie tot 4 cm in deursnee.[3]
Dit kom wydverspreid deur die sukkulente Karoo voor. Die klein saadjies het donserige haarpluis wat dit help om deur die wind verspreid te word. Jong saailinge groei die beste op growwe, onbedekte grond waar hulle geen kompetisie van gevestigde plante kry nie. Dit is veral vir volstruise baie smaaklik.[4]