Geely (amptelik Zhejiang Geely Holding Group Co., Ltd) is 'n Chinese motorvervaardigingsmaatskappy met sy hoofkwartier in Binjiang-distrik, Hangzhou, China. Sy vernaamste produkte is motors, motorfietse, enjins en ratkaste. Dit verkoop passasiersmotors onder twee handelsname: Geely en Volvo.[18]Geely Automobile Holdings Ltd (Chinees: 吉利 汽车; pinyin: jili Qìchē) (SEHK: 0175), 'n filiaal van Geely, is gelys op die Hongkongse aandelebeurs.[19]
Li Shufu het Geely in 1986 gestig as 'n yskasvervaardiger met geld wat hy by sy familie geleen het.[20] Hy het die maatskappy in 'n sukses omskep wat goedkoop produkte aan Chinese verbruikers verkoop het.[21]
Na die aankoop van 'n mislukte staatsmaatskappy,[22] het Geely begin om motorfietse in die middel-1990's te vervaardig.[23] Die maatskappy het met die vervaardiging van klein vragmotors begin in 1998,[24] en 'n jaar later het die maatskappy staatsgoedkeuring ontvang om motors te vervaardig.[24] Motorproduksie het in 2002 begin.[21] 'n Filiaal van die groep, Geely Auto, is op die aandelebeurs van Hongkong genoteer in 2004.[19]
Die maatskappy het 'n stalletjie gehad by die Frankfurt-motorskou in 2005,[25] en 'n uitstalling by die Detroit-motorskou in 2006.[20]
Geely het Ford in die middel van 2008 genader oor 'n moontlike oorname van Volvo Cars. Op 28 Oktober 2009 is dit aangewys as die voorkeurverkoper van Volvo deur die Amerikaanse motorvervaardiger.[26] 'n Ooreenkoms is einde Maart bereik en teen vroeg Augustus 2010 voltooi.[27]
In 2010 was die totale verkope meer as 415 000 eenhede en het die maatskappy 'n markaandeel van sowat 2% gehad.[28][29] Verkope was egter laer as die gerapporteerde produksiekapasiteit van 680 000 eenhede per jaar.[30]
In Desember 2011 is aangekondig dat Geely teen einde 2012 hul Chinees-ontwerpte en vervaardigde motors in die Verenigde Koninkryk sou begin verkoop. Die eerste model wat daar verkoop is, was die Emgrand EC7.[31][32] Die maatskappy het ook sy voorneme verklaar om verkope in Italië te begin.[33]
In Mei 2017 het Geely bevestig dat hy 'n 51% beheerende aandeel in Lotus Cars[34] van sy eienaar, DRB-HICOM,[8] sal aankoop. Daarbenewens beplan Geely om 'n belang van 49,9% in PROTON Holdings te koop, om toekomstige uitvoergroei in die markte vir die regterstuurvoertuie te fasiliteer.[9][35] Die transaksies word as 'n belangrike stap vir die Chinese motorvervaardiger beskou, in hul strewe om in die winsgewende ASEAN-streek toegang te verkry.[36]
In Julie 2017 het die maatskappy Terrafugia, 'n Amerikaanse vervaardiger van vlieënde motors, aangekoop.[37] In November 2017 het Geely die voltooiing van die Terrafugia-verkryging aangekondig, insluitend goedkeuring van alle tersaaklike reguleerders.[38]
In Desember 2017 belê Geely € 3.25 miljard in die Sweedse vragmotor- en konstruksiemaatskappy Volvo Group, 'n voormalige beheermaatskappy van Volvo Cars.[39] Die ooreenkoms het die maatskappy die grootste aandeelhouer met 8,2% van die belang en 15,6% van die stemreg gemaak.[39]
Ten einde die maatskappy verder uit te brei het Geely 'n belang van 9,7% in Daimler AG, die beheermaatskappy van Mercedes-Benz, aangekoop.[40] Geely sal waarskynlik betrokke wees by 'n beplande nuwe monteeraanleg wat die kompakte smart in China sal bou.
↑"2016 nián nián dù bào gào" 2016年年度报告 [2016 Annual Report] (in Chinese (China)). Geely Holding. 28 April 2017. Besoek op 15 April 2018 – via Shanghai Clearing House website.