Die Geneefse Konvensies bestaan uit vier verdrae wat in Genève, Switserland saamgestel is om die standaarde vir internasionale reg rondom menslikheidskwessies. Die konvensies was grootliks die resultaat van Henri Dunant se pogings, gemotiveer deur die gruwels van oorlog wat hy tydens die Slag van Solferino aanskou het.
Beskuldigings van skendings van die Geneefse Konvensies deur nasies wat die verdrae onderteken het word voor die Internasionale Geregshof te Den Haag ter tafel gelê.
Verder is daar twee bykomende protokolle tot die Geneefse Konvensie:
Die aanvaarding van die Eerste Konvensie is deur die stigting van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis in 1863 voorafgegaan. Die teks kan gelees word in die Voornemens van die Geneefse Internasionale Konferensie.
Al vier konvensies is laas in 1949 hersien en bekragtig, gebaseer op vorige hersienings en deels op sommige van die Den Haag Konvensies van 1907; daar word na die stel verwys as die Geneefse Konvensies van 1949 of eenvoudig die Geneefse Konvensies. Latere konferensies het voorwaardes bygevoeg wat sekere metodes van oorlogvoering verbied en burgeroorloë aanspreek. Bykans 200 lande van die wêreld is ondertekanaars tot die verdrae in soverre hulle hierdie konvensies bekragtig het.
Daar bestaan ook ander konvensies met die Geneefse naam en moet nie met bogenoemde verwar word nie.