George Abell | |
Gebore | 1 Maart 1927 Los Angeles, Kalifornië |
---|---|
Oorlede | 7 Oktober 1983 (op 56) Los Angeles, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Sterrekunde |
Instelling(s) | California Institute of Technology |
Bekend vir | Centaurus-sterrestelselswerm, Abell 39, Abell 2142, Palomar 1, Abell-katalogus |
George Ogden Abell (1 Maart 1927 – 7 Oktober 1983) was ’n sterrekundige aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles. Hy het die grade B.S. (1951), M.S. (1952) en Ph.D. (1957) aan die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie verwerf.
Hy is veral bekend vir die Abell-katalogus van ryk sterrestelselswerms wat hy vir sy Ph.D.-tesis saamgestel het uit inligting wat in die Palomar-lugopname versamel is.[1][2] Hy het ook ontdek hoe die ligsterkte van ’n hemelliggaam gebruik kan word as afstandskaal.[3] In 1966 het hy ’n lys van 86 planetêre newels saamgestel, met onder meer Abell 39.
Die Abell-katalogus is ’n byna volledige lys van meer as 4 000 sterrestelselswerms. Die oorspronklike lys is in 1958 gepubliseer met swerms in die noordelike lugruim en dit is later aangevul met swerms in die suidelike lugruim. Abell is dood voor dit in 1989 voltooi is in samewerking met Harold G. Corwin en Ronald P. Olowin.
Abell was ook die mede-ontdekker van die periodieke komeet 52P/Harrington-Abell.[4] Saam met Peter Goldreich het hy korrek vasgestel dat planetêre newels om rooireusesterre wentel.[3]
Die asteroïde 3449 Abell is na hom genoem, sowel as die George Abell-sterrewag in Engeland.[5]