George Carlin | |
Geboortenaam | George Denis Patrick Carlin |
---|---|
Geboorte | Manhattan, New York, Verenigde State | 12 Mei 1937
Sterfte | 22 Junie 2008 (op 71) Santa Monica, Kalifnornië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Kinders | Kelly Carlin |
Beroep(e) | Komediant, akteur, vervaardiger, en skrywer |
Aktiewe jare | 1956–2008 |
Webwerf | georgecarlin |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
George Denis Patrick Carlin (12 Mei 1937 – 22 Junie 2008 Santa Monica) was 'n Amerikaanse komediant, akteur en dagbladskrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Bill & Ted's Excellent Adventure (1989) en Dogma (1999).
Carlin het in Manhattan grootgeword. Hy en sy vriende het hul buurt "White Harlem" genoem omdat dit beter as "Morningside Heights" geklink het.
Carlin is 'n Rooms-Katoliek grootgemaak, maar het ontwikkel tot 'n heftige verdediger van ateïsme. In onderhoude sowel as in optredes het hy dikwels Katolisisme en godsdiens in die algemeen gekritiseer. Hy het die idee van "Frisbeetarianisme" voorgehou as 'n parodie van ware godsdiens, met die sentrale oortuiging dat in hierdie godsdiens die siel na die dood op 'n dak beland, op 'n plek waar niemand daaraan kan raak nie.
Hy het in 'n sekere skets die aanbidding van die son verdedig, omdat mens dit kan sien.
Carlin het gedurende sy lewe baie aan hartprobleme gely. Hy het drie hartaanvalle oorleef, wat hom gereeld gedwing het om sy drink- en leefstyl aan te pas. Op 22 Junie 2008 is Carlin in die Santa Monica-hospitaal opgeneem nadat hy van borspyn gekla het. Hy is later die dag weens hartversaking dood. Hy was 71 jaar oud.
Carlin se temas het 'n redelike mate van kontroversie in die Amerikaanse media veroorsaak. Hy het dikwels verwys na die "bullshit" van die mensdom. Daarmee het hy verwys na die dinge wat die mens doen. Dit sluit moord, massamoord, oorlog, verkragting, korrupsie en ander minder as wenslike aspekte van die menslike beskawing in. Hierdie temas word gewoonlik in 'n misantropiese en nihilistiese konteks geplaas.
As voorbeeld het hy die volgende gesê:
"I look at it this way... For centuries now, man has done everything he can to destroy, defile, and interfere with nature: clear-cutting forests, strip-mining mountains, poisoning the atmosphere, over-fishing the oceans, polluting the rivers and lakes, destroying wetlands and aquifers... so when nature strikes back, and smacks him on the head and kicks him in the nuts, I enjoy that. I have absolutely no sympathy for human beings whatsoever. None. And no matter what kind of problem humans are facing, whether it's natural or man-made, I always hope it gets worse.
— Carlin in Life is Worth Losing. [1][2][3][4][5]
Book | Year | Notes |
---|---|---|
Sometimes a Little Brain Damage Can Help | 1984 | ISBN 0-89471-271-3[7] |
Brain Droppings | 1997 | ISBN 0-7868-8321-9[8] |
Napalm and Silly Putty | 2001 | ISBN 0-7868-8758-3[9] |
When Will Jesus Bring the Pork Chops? | 2004 | ISBN 1-4013-0134-7[10] |