George Talbot (1882-1952) was 'n Engelse entomoloog wat in skoenlappers gespesialiseer het.
Talbot was eers in diens van die ryk amateur skoenlapperversamelaar Herbert Adams, daarna by die insekhandelaar William Frederick Henry Rosenberg en dan as kurator van James John Joicey se versameling by die Hill Museum. Hy het verskeie wetenskaplike artikels saam met Joicey geskryf. Tydens die Eerste Wêreld Oorlog het hy saam met Authur Bacot by die Lister Instituut op loopgraafkoors en tifussiektes wat deur luise gedra word, gewerk. Na Joicey se dood in 1932 het hy vir die Britse Pest Infestation Division van die Ministerie van Gesondheid gewerk.
George Talbot het meer as 150 referate geskryf, baie van hulle generiese weergawes in die Bulletin of the Hill Museum en sy The Fauna of British India, Including Ceylon and Burma reeks. Sy bekendste werke is sy monografie oor Delias en die drie Pieridae dele van Lepidopterum Catalogus gepubliseer deur Wilhelm Junk.
Geskryf saam met James John Joicey :