Gerard Sekoto

Gerard Sekoto
Gebore (1913-12-09)9 Desember 1913
Botshabelo naby Middelburg, oostelike Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Sterf 20 Maart 1993 (op 79)
Parys, Frankryk
Veld Skildery en musiek
Beweging swart stadskuns en sosiale realisme

Gerard Sekoto (9 Desember 191320 Maart 1993) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en musikant. Hy is bekend as baanbreker van swart stadskuns en sosiale realisme. Sy werk is vertoon in Parys, Stockholm, Venesië, Washington, Senegal asook in Suid-Afrika.

Beginjare

[wysig | wysig bron]

Sekoto is op 9 Desember 1913 by die Lutherse Sendingstasie te Botshabelo naby Middelburg, Oos-Transvaal (tans Mpumalanga) gebore.[1] As sendelingseun was musiek deel van sy bestaan en hy het as jong seun die gesin se huisorreltjie leer ken.

Na sy graadtoekenning as onderwyser by die Diosesane Onderwyskollege in Pietersburg het hy vier jaar by 'n plaaslike skooltjie, Khaiso Sekondêr, klasgegee. In hierdie tydperk het hy vir 'n kunswedstryd (May Eshter Bedford) ingeskryf wat deur die Fort Hare Universiteit gereël is. Hy is die tweede prys toegeken. George Pemba is met die eerste prys bekroon.

Hy het op 29 jaar in 1938 verhuis na Johannesburg om sy kunstenaarsloopbaan voort te sit. Hy woon by familielede in Gertystraat, Sophiatown. Hy het sy eerste solo-uitstalling in 1939 aangebied. In 1940 het die Johannesburgse Kunsgalery een van sy werke aangeskaf; dit sou later bekend staan as die eerste skilderwerk van 'n swart kunstenaar wat in 'n museumversameling opgeneem is. In 1942 verhuis hy na Distrik Ses, Kaapstad, waar hy by die Manuel-gesin tuisgegaan het. In 1945 trek hy na Eastwood, Pretoria.

Ballingskap

[wysig | wysig bron]

In 1947 verlaat hy Suid-Afrika om weens selfopgelegde ballingskap in Parys te gaan woon. Die eerste paar jaar in Parys was moeilik en Sekoto is met 'n gelukskoot as klavierspeler by die l’Echelle de Jacob (Jakobsleer) aangestel. Dit was 'n gewilde nagklub wat sy deure na die Tweede Wêreldoorlog heropen het. Hy speel jazz en sing Negrospirituele musiek, wat destyds gewilde Franse liedjies was, en 'n bietjie Harry Belafonte. Dit is musiek wat die pot aan die kook gehou het en sy kunsklasse betaal het.

Tussen 1956 en 1960 is etlike van Sekoto se komposisies deur Les Editions Musicales gepubliseer. Sekoto het klavier gespeel en etlike musieksnitte gesing. Hy komponeer 29 meestal uitermatig ontroerende liedjies, met verwysing na sy eensaamheid in ballingskap, maar terselfdertyd ook die buitengewone moed van 'n individu in sy stryd van oorlewing in 'n vreemde kulturele omgewing.

In 1966 het hy Senegal vir 'n jaar lank besoek.

Sekoto se skilderwerk het 'n politiese skakering in die 1970's begin kry weens Apartheid in sy geboorteland. In 1989 word hy deur die Johannesburgse Kunsgalery met 'n terugblikuitstalling vereer en deur die Universiteit van die Witwatersrand met 'n eredoktorsgraad.[2]

Hy is op 20 Maart 1993 by 'n aftree-oord net buitekant Parys oorlede.

Bekende skilderkuns volgens jaar

[wysig | wysig bron]
"Mother and Child", 1959
"The Notre Dame Church", 1960
"The Dream of Two Worlds", 1961
"Woman Ironing by Candlelight"
  • 1939
    • "Poverty in the midst of Plenty" - Waterverf en pastel op bruinpapier
    • "Interior Sophiatown"
    • "Lutheran Church at Botshabelo"
  • 1940
    • "Migrant Workers" - Gouache op papier
    • "Yellow Houses"
    • "The Soccer Game"
  • 1942
    • "Interior with Woman" - Oliewerk op doek
    • "Three Women"
    • "Three figures with Bicycle Sophiatown" - Oliewerk op doekbord
    • "The Miners"
    • "Cyclists in Sophiatown"
  • 1944
    • "Prison Yard"
  • 1945
    • "The Wine Drinker"
    • "Prisinors Carrying a Boulder"
    • "Portrait of Cape Coloured School Teacher - Omar"
    • "Children Playing"
    • "Houses: District Six"
  • 1946
    • "Women and Child - Eastwood Pretoria"
  • 1947
    • "Mine Boy - Oliewerk op doekbord"
    • "Sixpence a Door" - Oliewerk op doekbord
    • "Song of the Pick" - Oliewerk op doekbord
    • "Mary Dikeledi Sekoto"
    • "Self-Portrait"
    • "Portrait of Anna, The Artist's Mother"
    • "Portrait of a Young Man Reading"
    • "Outside the Shop"
    • "Beyond the Gate"
    • "The Donkey Cart, Eastwood"
    • "The Proud Father, Manakedi Naky on Bernard Sekoto's Knee"
    • "The Artists Mother and Stepfather at Home in Eastwood"
  • 1949
    • "Eye Glasses" - Houtskool op papier
    • "Sore Eye" - Houtskool op papier
    • "The Black Beret" - Houtskool op papier
    • "Paris; Pont Marie"
  • 1953
    • "Besotho Women"
  • 1955
    • "Woman and Children"
  • 1959
    • "Rider on Horseback" - Oliewerk op doek
  • 1960
    • "Blue Head" - Gouache op papier
  • 1961
    • "Jazz Band" - Oliewerk op bord
  • 1963
    • "Woman's Head"
    • "Township Gossip"
  • 1968
    • "The Three Figures" - Gouache op papier
  • 1971
    • "Township Scene"
  • 1975
    • "Woman with a Patterned Headscarf"
  • 1978
  • 1979
    • "The Bull" - Oliewerk op doek
    • "Portrait of Woman" - Oliewerk op doekbord

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. John Peffer. Art and the end of apartheid. 1991. University of Virginia Press. bl. 2.
  2. Lesley Spiro. Gerard Sekoto: unsevered ties, Johannesburg Art Gallery. 1989. The Gallery. bl. 60.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Barbara Lindop, Gerard Sekoto, Randburg: Dictum Publishing, 1988
  • Barbara Lindop, Sekoto : The Art of Gerard Sekoto, Pavilion, London, 1995, ISBN 978-1-85793-461-8
  • N. Chabani Manganyi, A Black Man Called Sekoto, Witwatersrand University Press, January 1996, ISBN 978-1-86814-291-0
  • Spiro, Lesley, Gerard Sekoto: Unsevered Ties, Johannesburg Art Gallery, 1.11.1989-10.2.1990, The Gallery (1989), ISBN 978-0-620-14213-7
  • Chabani Manganyi, I Am an African: The Life and Times of Gerard Sekoto, Witwatersrand University Press; illustrated edition (Aug 1 2004), ISBN 978-1-86814-400-6

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]