Gespikkelde snapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. rivulatus
|
Binomiale naam | |
Lutjanus rivulatus | |
Sinonieme | |
|
Die Gespikkelde snapper (Lutjanus rivulatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Oman tot by Kasouga naby Port Alfred. In Engels staan die vis bekend as die Speckled snapper.
Die vis se lyf is bruin aan die bokant en silwerbruin aan die onderkant met 1-4 blouerige kolletjies op die skubbe. Die kop is geel-bruin en bedek met golwende blou lyne. Die vinne is dof met geel rante. Die onvolwasse visse het 3-8 vertikale donker dowwe strepe oor die lyf en 'n wit kol op die sylyn in die middel van die lyf. Die vis word tot 80 cm lank en weeg tot 11 kg.
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 5–100 m diep is. Hulle vreet vis, skaaldiere, koppotiges, seekastaiings en rooiaas. Hulle is alleenlopers, en bly gewoonlik in grotte of onder oorhange. Die vis bereik volwassenheid wanneer dit 45–50 cm lank word en broei in die somer.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lutjanus rivulatus. |