Gespikkeldetang | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | Z. gemmatum
|
Binomiale naam | |
Zebrasoma gemmatum (Valenciennes, 1835)
|
Die Gespikkeldetang (Zebrasoma gemmatum) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, meer spesifiek Mauritius, Madagaskar en die kus van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Spotted tang.
Die vis word tot 23 cm lank. Die lyf en die vinne is bruin tot groen-bruin met klein wit spikkeltjies wat digby mekaar is op die lyf en vinne. Die stertvin is geel of geelbruin.
Die vis leef op aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 60 m diep is. Hulle is alleenlopers en bly gewoonlik naby die rif. Die vis vreet alge en dooie koraal van die rotse. Die spesie is seldsaam.