Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Gevorderde Versleutelingstandaard ("Advanced Encryption Standard" of AES), oorspronklik genoem Rijndael,[1] is 'n spesifikasie vir die versleuteling van elektroniese data. Dit is deur die Amerikaanse Nasionale Instituut van Standaarde en Tegnologie (NIST) in 2001 voorgelê.[2]
Dit is saamgestel uit 'n deel van die Rijndael-bloksyfer[3] wat ontwikkel is deur twee Belgiese kriptograwe, Vincent Rijmen en Joan Daemen. Hulle het dit tydens NIST se seleksieproses vir die standaard voorgestel.[4] Rijndael is 'n familie van bloksyfers met verskillende sleutel- en blokgroottes.
Vir AES het NIST drie Rijndael-bloksyfers gekies, elk bestaande uit 128 bisse, maar met verskillende sleutelgroottes: 128, 192 en 256 bisse.