Gips | |
---|---|
Formule | CaSO4.2H2O |
Nickel-Strunz (10) | 7.CD.40 |
Kleur | kleurloos, wit, ander kleure deur onsuiwerhede[1] |
Streep | wit[1] |
Glans | glasagtig, pêrelagtig [1] |
Hardheid | 2 (Mohs)[1] |
Digtheid | 2,312-2.332 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+)[1] |
RI-waardes | n = 1.519 - 1.521; n = 1.522-1.523; n = 1.529-1.530;[1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | monoklinies |
Ruimtegroep | C2/c |
Strukturbericht-kode | H4₆ |
Nommer | 15 |
Eenheidsel | a = 5,679(5) Å; b = 15,202(14) Å; c = 6,522(6) Å; β=118.43°[2] |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Gips is 'n baie sagte mineraal, wat bestaan uit kalsiumsulfaatdihidraat, met die chemiese formule CaSO4·2H2O. Dit is die algemeenste sulfaatmineraal. Dit word aangetref in mariene evaporiete, in grotte waar die lug droog genoeg is vir die neerslag te vorm en by fumarole.[1] Kalsiumsulfaat word ook as sy anhidraat CaSO4 aangetref. Dit word die mineraal anhidriet genoem.
Kalsiumsulfaatminerale kom oor die hele wêreld in groot afsettings voor. Die helder, kristallyne weergawe van gips staan bekend as seleniet terwyl die massiewe, korrelvormige, marmeragtige vorm as albast bekend staan. Gips en anhidriet is die gehidreerde en watervrye vorms van kalsiumsulfaat, wat in die natuur as verdampingsneerslae voorkom in die vorm van knopvormige massas of beddings tot 'n paar meter dik. Gips word gevorm deur die hidrasie van anhidriet by of naby die oppervlak, maar gewoonlik gaan dit onder 40 tot 50 meter in anhidriet oor. Poreuse kalksteen, wit sedimente, dolomiet en anhidriet word gewoonlik met gipsafsettings geassosieer.[3]
Albast is 'n dekoratiewe steen wat in antieke Egipte en Mesopotamië gebruik is. Gips is die tweede sagste mineraal op Mohs se hardheidskaal.
By verhitting tot ~200 °C verloor gips sy kristalwater en word eers die hemihidraat CaSO4. 0,5H2O en dan die anhidraat gevorm. Met water gemeng kan die hemihidraat (Eng plaster of Paris) weer die dihidraat (gips) vorm. Hierdie eienskap word gebruik om gebreekte arme of bene in gips te set.
Gips kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat die argetipe van die H4₆-strukture van die strukturbericht-klassifikasie is.[4]
Die struktuur bestaan uit afwisselende lae van water en kalsiumsulfaat. Laasgenoemde lae is op hul beurt saamgestel uit Ca2+–SO2−4-kettings wat tydens dehidrasie bewaar bly. By dehidrasie krimp die struktuur in die rigting van die gestapelde lae met 20,6% wat die gipskristalle uit mekaar doen val.[5]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)