Reuse-kameelperd | |
---|---|
Die skelet van ’n Giraffatitan (Natuurkundemuseum, Berlyn). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klade: | Dinosauria |
Klade: | Saurischia |
Suborde: | †Sauropodomorpha |
Klade: | †Sauropoda |
Familie: | †Brachiosauridae |
Genus: | †Giraffatitan Paul, 1988 |
Tipespesie | |
†Giraffatitan brancai | |
Sinonieme | |
|
Giraffatitan ("reuse-kameelperd") was ’n genus souropodomorf-dinosourusse wat in die Laat Jura-periode geleef het. Dit is eers geklassifiseer as ’n Afrika-spesie van Brachiosaurus (B. brancai). Dit is een van die grootste diere wat nog op die aarde voorgekom het.
Giraffatitan was ’n souropode, een van ’n groep vierbenige, plantvretende dinosourusse met lang nekke en sterte en ’n relatief klein brein. Dit was baie soos ’n kameelperd gebou, met lang voorpote. Hy het ’n klou aan sy voorpote en drie kloue aan elke agterpoot gehad.
Baie dekades lank is Giraffatitan beskou as die grootste bekende dinosourus, maar in die tweede helfte van die 20ste eeu is fossiele van Titanosauria (Argentinosaurus, Puertasaurus en Futalognkosaurus) ontdek wat ’n groter massa kon gehad het. Die Giraffatitan, saam met die Brachiosaurus, is egter steeds die grootste dinosourus waarvan feitlik volledige materiaal bekend is.[2]
Alle ramings van die Giraffatitan se grootte is gebaseer op die fossiel HMN SII,[2] ’n amper-volgroeide individu tussen 21,8 en 22,5 m lank.[3][4]
Ramings van die dier se massa is egter moeiliker en het al gewissel van 15 tot 78 ton.[5][6] Die mees onlangse ramings, met inagneming van souropodes se uitgebreide lugsakstelsels, wat hul gewig aansienlik verminder, is in die omgewing van 23 tot 37 ton.[2][7][8] HMN SII is egter nie die grootste bekende voorbeeld nie omdat hy nie heeltemal volgroei was nie. HMN XV2, wat verteenwoordig word deur ’n tibia wat 13% groter as HMN SII s’n is,[2] kon tot 26 m lank gewees het.[9]
Giraffatitan brancai is in 1914 vir die eerste keer deur die Duitse paleontoloog Werner Janensch beskryf as Brachiosaurus brancai na aanleiding van fossiele wat tussen 1909 en 1912 ontdek is in wat vandag Tanzanië is.[1] In 1988 het Gregory S. Paul gemerk daar is groot verskille tussen Brachiosaurus brancai en ander Brachiosaurus-spesies en hy het die subgenus Brachiosaurus (Giraffatitan) brancai geskep. In 1991 het George Olshevsky vasgestel die verskille is groot genoeg om ’n aparte genus, Giraffatitan, te skep.[10]
Ander wetenskaplikes was aanvanklik skepties omdat geen volledige vergelyking nog gedoen is nie. In 2009 het Michael Taylor ’n gedetailleerde vergelyking gepubliseer waarin hy wys "Brachiosaurus" brancai verskil van B. altithorax in feitlik elke fossielbeen wat vergelyk kon word – wat betref grootte, vorm en proporsie. Hy het bevind die skepping van Giraffatitan as ’n aparte genus was geregverdig.[2] ’n Meer onlangse studie van Titanosauriformes-souropodes deur D'Emic (2012)[11] klassifiseer Giraffatitan as ’n suster van ’n klade wat onder meer Brachiosaurus bevat:
Brachiosauridae |
| |||||||||||||||||||||||||||
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)